Van 17-30 Maart vanjaar wil ds Wynand Breytenbach te fiets die lang pad van Durbanville in die Wes-Kaap tot op die plattelandse dorpie in die Oos-Kaap genaamd Zithulele aflê.
Die doel is fondswerwing om ’n kerk/gemeenskapsentrum te bou in Zithulele, ’n gemeenskap met wie Breytenbach ’n sterk band het. KYK VIDEO HIER.
‘Dis 1300 km (tot daar), en ons wil 1R per meter (R1000 per km) insamel,” verduidelik dié leraar by Durbanville gemeente die plan van aksie.
Hieronder vertel hy meer en deel ook hoe ondersteuners betrokke kan raak.
- Beplan jou gemeente ’n projek – groot of klein – deel die nuus hier: https://kerkbode.christians.co.za/Gebeure/
Geborg