Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

’n Goeie teologie oor die Psalms, verweef met nadenke

Geloofsgedigte deur Cas Vos

Uitgewer: Naledi, 2024

Resensent: Rethie van Niekerk

Geloofsgedigte is die derde boek oor die Psalms uit Cas Vos se vrugbare pen. Hoewel hierdie werk bou op die voriges, word hier meer aandag gegee aan die prediking van die Psalms.

In Geloofsgedigte vind ons ’n vakkundige se goed onderlegde oordenkings oor die Psalmboek en bepaalde temas binne die Psalms, dikwels aan die hand van spesifieke Psalms. Vos bied vir sy leser ’n goeie teologie oor die Psalms, verweef met nadenke vir prediking. Dit alles gebeur op ’n poëtiese ritme, met aanhalings van gedigte deur onder andere Ina Rousseau, IL de Villiers, Sheila Cussons en, natuurlik, die skrywer self.

Sonder om die teks direk op die huidige konteks te verplaas, word die geloofsgedigte van die Psalms in gesprek gebring met vandag, soos byvoorbeeld die oorloë in die Oekraïne en Palestina, of selfs die skrywer se eie wonderbaarlike ervarings van engele se teenwoordigheid.

Hierdie werk is tegnies, poëties, teologies, annekdoties – dalk veral bedoel vir lesers wat gemaklik is met die vakkundige taal van die teologie. ’n Indeks van Skrifverwysings sou toekomstige raadpleging vergemaklik.

Beskikbaar by Naledi.

Ds Rethie van Niekerk is predikant by die NG Kerk Driehoek in Vanderbijlpark.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top