Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Brief | Skrywer van leraars se biografiese sketse vra hulp

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.


Gerdrie van der Merwe skryf uit Merwesrus by Reebok:

Sedert 1973 is ek betrokke met die insameling van gegewens en die skryf van biografiese sketse van predikante wat gesterf het vir die Jaarboek van die NG Kerk. Dit is steeds vir my ’n liefdestaak wat ek met oorgawe en passie verrig. As dit van my afhang, sal ek dit doen tot iemand anders Gerdrie se doodsberig skryf.

Ongelukkig gebeur dit jaarliks dat leraars sterf, waarvan die redaksie van die Jaarboek en ekself nie kennis gedra het nie. Daarom die DRINGENDE versoek dat as u weet van ’n leraar wat oorlede is, laat ons asseblief weet en stuur ook kontakbesonderhede van gesinslede dat ons gegewens vir ’n lewenskets kan bekom. Miskien voel jy om nou al gegewens te stuur vir jou lewende biografiese skets DV vir die Jaarboek, om dit so makliker vir almal te maak na jou hiernamaals. Doen dit asseblief gou. Carpe manana: Gryp die dag van môre. Skakel of WhatsApp my by 083 516 7600. E-pos: gerdrie@zipplink.co.za

Miskien weet u van ’n leraar (s) wat al ’n tyd gelede oorlede is, wie se biografiese skets nie in die Jaarboek verskyn het nie. Of onlangs oorlede is. Stuur die leraar se besonderhede dat ons die saak kan opvolg. Kom ons help mekaar om so te onthou, om doodseker nie te vergeet nie.

Dink aan die arbeid en liefdesdade van ons voorgangers in Koninkryksdiens, wat hard gewerk en die Woord verkondig het. Moet dit nie vergeet nie. Moet dit nie geringskat en in die vergeetboek skryf nie. Die gebed van die profeet Nehemia, is ook die gebed van jou eie hart: “Onthou tog, wat ek gedoen het, my God. Moet tog nie dat my liefdesdade wat ek in die huis van God en in sy diens gedoen het, vergeet raak nie” (Nehemia 13:14).

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.