Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Fokus op Bybel-Media: Jaarboek nou digitaal, goedkoper en jy kan self help om data vars en akkuraat te hou


Met die digitalisering van die Jaarboek het die uitgewer Bybel-Media vanjaar ’n reuse-digitale sprong vorentoe probeer maak deur lesers die opsie te gee om nie net die produk aanlyn te kan koop en lees nie, maar ook die vermoë te gee om nodige veranderinge van data direk aan te meld vir intydse opdatering.

Die Jaarboek kan aanlyn gekoop word by  https://missio.org.za/product/ejaarboek/ 

 

Die opsie vir gebruikers om self opdatering van, byvoorbeeld, e-posadresse of selfoonnommers, aan te meld, sal die data-integriteit van dié hulpbron versterk, volgens die uitgewer, Bybel-Media.

Die Jaarboek verskaf belangrike inligting oor die NG Kerkfamilie aan predikante, kerkkantore en lidmate en die span by Bybel-Media “wil ook met hierdie publikasie gestalte gee aan sy leuse: Vennoot in geloof en bediening,” luidens ’n verklaring.

Die aanlyn weergawe is R100 goedkoper as die gedrukte weergawe van hierdie instelling in die kerk se publikasielandskap, wat sinodale, rings-, gemeente- en predikante-inligting van die NG Kerk, NG Kerk in Afrika, Reformed Church in Africa en familiekerke in die buiteland bevat.

  • Kerkbode is ’n publikasie van Bybel-Media

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.