Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Leraars beweeg (Amptelike nuus: 10-14 Maart 2025)

BEROEP 

Dr CJ (Hannes) Reinecke van Secunda-Oos na Amersfoort.

AANVAAR

Prop DJ (Danie) Jacobs (na colloquium doctum) na Nylstroom-Oos; ds M (Maritza) Oosthuizen van Veranderde Lewens na Heidelberg (Wes-Kaap).

WES-KAAPLAND

AANVAAR

Hiermee bevestig die NG Kerk Heidelberg, Wes-Kaap dat ds Maritza Oosthuizen van Veranderde Lewens Gemeente (Roodepoort) beroep is en dit aanvaar het. (Riana van der Merwe, skriba: NG Kerk Heidelberg, 10.03.2025).

OOSTELIKE

BEROEP

Tydens ’n spesiale kerkraadsvergadering met die oog op die beroeping van ’n leraar, wat gehou is op 11 Maart 2025 om 18:30 in die Jerusalemlokaal van die NG Gemeente, Amersfoort, is dr CJ (Hannes) Reinecke van Secunda-Oos, met ’n volstrekte meerderheid, beroep.

NOORDELIKE

AANVAAR

Hiermee kennis dat prop Danie Jacobs (na colloquium doctum) die beroep na NG Nylstroom-Oos aanvaar het. Die datum van diensaanvaarding is 1 Mei 2025. Die datum vir sy bevestiging is nog nie vasgemaak nie. (Deirdré Stoffberg, kantoorbestuurder: NG Nylstroom-Oos, 12.03.2025).

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top