- Hierdie kennisgewings is op 14 Maart 2025 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Dr CJ (Hannes) Reinecke van Secunda-Oos na Amersfoort.
AANVAAR
Prop DJ (Danie) Jacobs (na colloquium doctum) na Nylstroom-Oos; ds M (Maritza) Oosthuizen van Veranderde Lewens na Heidelberg (Wes-Kaap).
WES-KAAPLAND
AANVAAR
Hiermee bevestig die NG Kerk Heidelberg, Wes-Kaap dat ds Maritza Oosthuizen van Veranderde Lewens Gemeente (Roodepoort) beroep is en dit aanvaar het. (Riana van der Merwe, skriba: NG Kerk Heidelberg, 10.03.2025).
OOSTELIKE
BEROEP
Tydens ’n spesiale kerkraadsvergadering met die oog op die beroeping van ’n leraar, wat gehou is op 11 Maart 2025 om 18:30 in die Jerusalemlokaal van die NG Gemeente, Amersfoort, is dr CJ (Hannes) Reinecke van Secunda-Oos, met ’n volstrekte meerderheid, beroep.
NOORDELIKE
AANVAAR
Hiermee kennis dat prop Danie Jacobs (na colloquium doctum) die beroep na NG Nylstroom-Oos aanvaar het. Die datum van diensaanvaarding is 1 Mei 2025. Die datum vir sy bevestiging is nog nie vasgemaak nie. (Deirdré Stoffberg, kantoorbestuurder: NG Nylstroom-Oos, 12.03.2025).