- Hierdie kennisgewings is op 06 Junie 2025 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Prop S (Sulet) Brummer as diensleraar na Suider-Strand; dr HJ (Heinrich) Wiegand van Capital Park-Concordia na Hopefield.
AANVAAR
Prop dr P (Peter) Kotze na Delmas-Wes; prop CC (Conrad) Pienaar as diensleraar na Newtonpark; ds C (Carel) Smith van Suider-Strand na Barrydale; dr SJ (Stephan) Strydom van Dalunie na Meyertonpark (Goudland).
WES-KAAPLAND
BEROEP
Prop Sulet Brummer is beroep as diensleraar na NG Gemeente Suider-Strand. (Dr Christo Benadé, gemeenteleraar: NG Gemeente Suider-Strand, 26.05.2025).
Die kerkraad van NG Kerk Hopefield (Draers van Hoop) het op 29 Mei 2025 besluit om dr Heinrich Wiegand van die NG Capital Park-Concordia Gemeente in Pretoria te beroep. (Willa Kapp, skriba/kassier: NG Hopefield Gemeente, 03.06.2025).
BEVESTIGING
Ds Carel Smith (voorheen Suider-Strand gemeente) het die beroep as leraar (drie jaar vaste termynpos) na die NG Kerk Barrydale gemeente aangeneem. Sy bevestiging het plaasgevind op Sondag 25 Mei 2025. Ds Lounette Engelbrecht van die Ring van Swellendam het die bevestiging waargeneem. (Gail Groenewald, skriba: NG Kerk Barrydale 02.06.2025).
OOS-KAAPLAND
AANVAAR
Prop Conrad Pienaar het die beroep as diensleraar na NG Kerk Newtonpark (voorheen Port Elizabeth-Wes) aanvaar. Dit sal sy eerste gemeente wees. Hy het sedert sy legitimasie in 2024 by verskillende gemeentes in die Baai afgelos en hy dien ook op die kerkraad van Kraggakamma-gemeente waar hy lidmaat is. (Heleen Schutte, skriba: NG Kerk Newtonpark, 02.06.2025).
GOUDLAND
BEVESTIGING
Dr SJ (Stephan) Strydom van Dalunie het die beroep na Meyertonpark (Goudland) aanvaar. Hy word op 3 Augustus bevestig. (Ds Stephan Strydom, gemeenteleraar: NG Gemeente Dalunie, 29.05.2025).
HOËVELD
BEVESTIGING
Prop dr Peter Kotze het die beroep aanvaar na Delmas-Wes Gemeente. Sy bevestiging deur sy pa ds Hennie Kotze vind plaas DV Saterdag 26 Julie om 18:00 en sy intreepreek is DV Sondag 27 Julie om 09:00. Die Ring van Delmas bid vir hom die Here se seën toe op sy bediening binne ons werkskring. (Ds Francois Gouws, skriba: Ring van Delmas, 05.06.2025).