Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 06 Junie 2025)

BEROEP

Prop S (Sulet) Brummer as diensleraar na Suider-Strand; dr HJ (Heinrich) Wiegand van Capital Park-Concordia na Hopefield.

AANVAAR

Prop dr P (Peter) Kotze na Delmas-Wes; prop CC (Conrad) Pienaar as diensleraar na Newtonpark; ds C (Carel) Smith van Suider-Strand na Barrydale; dr SJ (Stephan) Strydom van Dalunie na Meyertonpark (Goudland).

WES-KAAPLAND

BEROEP

Prop Sulet Brummer is beroep as diensleraar na NG Gemeente Suider-Strand. (Dr Christo Benadé, gemeenteleraar: NG Gemeente Suider-Strand, 26.05.2025).

Die kerkraad van NG Kerk Hopefield (Draers van Hoop) het op 29 Mei 2025 besluit om dr Heinrich Wiegand van die NG Capital Park-Concordia Gemeente in Pretoria te beroep. (Willa Kapp, skriba/kassier: NG Hopefield Gemeente, 03.06.2025).

BEVESTIGING

Ds Carel Smith (voorheen Suider-Strand gemeente) het die beroep as leraar (drie jaar vaste termynpos) na die NG Kerk Barrydale gemeente aangeneem. Sy bevestiging het plaasgevind op Sondag 25 Mei 2025. Ds Lounette Engelbrecht van die Ring van Swellendam het die bevestiging waargeneem. (Gail Groenewald, skriba: NG Kerk Barrydale 02.06.2025).

OOS-KAAPLAND

AANVAAR
Prop Conrad Pienaar het die beroep as diensleraar na NG Kerk Newtonpark (voorheen Port Elizabeth-Wes) aanvaar. Dit sal sy eerste gemeente wees. Hy het sedert sy legitimasie in 2024 by verskillende gemeentes in die Baai afgelos en hy dien ook op die kerkraad van Kraggakamma-gemeente waar hy lidmaat is. (Heleen Schutte, skriba: NG Kerk Newtonpark, 02.06.2025).

GOUDLAND

BEVESTIGING

Dr SJ (Stephan) Strydom van Dalunie het die beroep na Meyertonpark (Goudland) aanvaar. Hy word op 3 Augustus bevestig. (Ds Stephan Strydom, gemeenteleraar: NG Gemeente Dalunie, 29.05.2025).

HOËVELD

BEVESTIGING

Prop dr Peter Kotze het die beroep aanvaar na Delmas-Wes Gemeente. Sy bevestiging deur sy pa ds Hennie Kotze vind plaas DV Saterdag 26 Julie om 18:00 en sy intreepreek is DV Sondag 27 Julie om 09:00. Die Ring van Delmas bid vir hom die Here se seën toe op sy bediening binne ons werkskring. (Ds Francois Gouws, skriba: Ring van Delmas, 05.06.2025).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top