Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 20 Junie 2025)

BEROEP

Ds JAR (Rudolph) Botha van Witpoortjie na Makwassie; prop CB (Tian) Brand na Parowvallei-Oos; ds N (Natasha) du Plessis van Luckhoff na Delareyville-Oos.

AANVAAR

Ds JH (Jackie) van Zyl (tentmaker) na Leeudoringstad.

BEDANK

Ds B (Berenice) Esterhuyzen van King Williamstown vir Middelburg-Karoo.

WES-KAAPLAND

BEROEP
Tydens ’n kerkraadsvergadering van NG Kerk Parowvallei-Oos op 25 Mei 2025 is prop CB (Tian) Brand beroep as diensleraar met opdrag gemeenskapsbediening. (Soekie Paulsen, skriba: NG Kerk Parowvallei-Oos, 11.06.2025).

OOS-KAAPLAND

BEROEP

Ds Berenice Esterhuyzen van NG Gemeente King Williamstown is op 19 Mei 2025 na die NG Gemeente Middelburg-Karoo beroep (Lize Benecke, skriba: NG Gemeente Middelburg-Karoo, 17.06.2025).

BEDANK

Ds Berenice Esterhuyzen van NG Gemeente King Williamstown het die beroep na NG Gemeente Middelburg-Karoo bedank. (Lize Benecke, skriba: NG Gemeente Middelburg-Karoo, 18.06.2025).

GOUDLAND

BEROEP
Ds Natasha du Plessis is beroep vanaf Luckhoff na Delareyville-Oos op 2 Junie 2025. (Riëtte van der Merwe, saakgelastigde: NG Kerk Delareyville-Oos, 17.06.2025).

NG Gemeente Makwassie bevestig dat ds Johannes Albertus Rudolph Botha vanaf NG Gemeente Witpoortjie beroep is na NG Gemeente Makwassie op 16 Junie 2025. (Christine Koegelenberg, skriba/kassier: NG Gemeente Makwassie, 18.06.2025).

BEVESTIGING

Ds Jackie van Zyl (voorheen tentmaker) het die beroep as leraar na die NG Gemeente Leeudoringstad aanvaar met aanvang vanaf 1 Mei 2025. Haar bevestiging het plaasgevind op Sondag 11 Mei 2025. Emeritus ds Alewyn Burger het die bevestiging waargeneem. (Ansie van Breda, skriba/kassier: NG Kerk Leeudoringstad, 12.06.2025).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top