Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 27 Junie 2025)

Hierdie kennisgewings is op 27 Junie 2025 opgedateer. Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za

GOUDLAND
EMERITAAT

Ds Willem Casper Louw het na 37 jaar se bediening in die NG Gemeente Potchefstroom-Miederpark op Sondag 22 Junie 2025 sy afskeidsboodskap gelewer. By hierdie geleentheid is die Akte van Demissie by Emeritaat deur ds Manus Visagie, die voorsitter van die Ring van Potchefstroom, aan hom oorhandig. (Ds Cobus Niemand, skriba: Ring van Potchefstroom, 24.06.2025).

Die Algemene Taakspan Predikantesake (ATP) het bepaling 8.3.3 van Reglement 11 nagekom nadat die ATP elektronies die volgende goedgekeur het om te publiseer:

VERLIES VAN BEVOEGDHEID

In die lig van Reglement 11:8.3.3 gee die Algemene Taakspan Predikantesake hiermee kennis aan Kerkbode dat verslag ontvang is van die onderskeie ringe dat die volgende persone hulle bevoegdheid as predikant verloor het op grond van artikel 64.4.4.1.2 (Kerkorde, 2023).

MX Coetzee (NG Gemeente Karatara; Ring van Knysna)

R Nel (NG Gemeente Bethulie; Ring van Smithfield)

Algemene Taakspan Predikantesake

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top