- Hierdie kennisgewings is op 11 Julie 2025 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Ds D (Dylan) Allen van Bothaville na Groblersdal.
AANVAAR
Prop CB (Tian) Brand na Parowvallei-Oos; ds D (Dawie) Rotteveel van Pretoria-Tuine na Harare.
WES-KAAPLAND
BEVESTIGING
Prop CB (Tian) Brand het die beroep as diensleraar met opdrag gemeenskapsbediening na NG Kerk Parowvallei-Oos aanvaar. Hy word op 20 Julie 2025 om 09:30 bevestig deur dr Theo Swart. (Soekie Paulsen, skriba: NG Kerk Parowvallei-Oos, 09.07.2025).
EMERITAAT
Dr Theo Swart emeriteer by NG Kerk Parowvallei-Oos. Sy dienstermyn verstryk op 31 Julie 2025. Sy afskeidspreek is op 27 Julie 2025 om 09:30. (Soekie Paulsen, skriba: NG Kerk Parowvallei-Oos, 09.07.2025).
KWAZULU-NATAL
BEROEP
Ds SJ Corrie, tans aflosleraar by die NG Gemeente Empangeni, is na hierdie gemeente beroep in ’n vastetermynkontrakpos vir twee jaar met ingang 1 Augustus 2025 tot 31 Januarie 2028. (Zonia Coetzee, senior administratiewe beampte: NG Gemeente Empangeni, 07.07.2025).
VRYSTAAT
RINGSITTING
Die 85ste ringsitting van die Ring van Bethlehem vind op Maandag 4 Augustus 2025 plaas vanaf 09:00 te NG Gemeente Bethlehem-Wes. (G Lamprecht, skriba: Ring van Bethlehem, 08.07.2025).
GOUDLAND
RINGSITTING
Die 87ste vergadering van die Ring van Lichtenburg vind op Maandag 4 Augustus 2025 plaas om 9:00 by die NG Moedergemeente Lichtenburg (Klipkerk). (Dr G Meistre, Ringskriba: Ring van Lichtenburg, 08.07.2025).
NOORDELIKE
BEROEP AANVAAR
Ds Dawie Rotteveel van NG Gemeente Pretoria-Tuine het die beroep (ontvang op 1 Junie 2025) na NG Gemeente Harare aanvaar. (Ds Dawie Rotteveel, leraar: NG Gemeente Pretoria-Tuine, 07.07.2025).
RINGSITTING
Hiermee word kennis gegee van die 62ste gewone ringsvergadering van die Ring van Pietpotgietersrus wat sal plaasvind op Woensdag 6 Augustus 2025 by die NG Kerk Marken. (Ds Jacques Erasmus, ringskriba: Ring van Pietpotgietersrus, 08.07.2025).
OOSTELIKE
BEROEP
Ds Dylan Allen van NG Gemeente Bothaville is op 18 Junie 2025 na die NG Gemeente Groblersdal beroep (Theo Homann, skriba: Ring van Middelburg, 08.07.2025).
RINGSITTING
Kennisgewing van gewone ringsitting: Ring van Ermelo 3 Augustus 2025 te NG Gemeente Debruinpark, Ermelo. Navrae: Ds Marius Smit, skriba, medeavita@gmail.com, 072 640 4012. (Ds Marius Smit, skriba: Ring van Ermelo, 08.07.2025).
