Vinnige feite oor dié jaarlikse leergeleentheid wat aangebied word deur Taakspan Navorsing in samewerking met Kerkbode:
- Vanjaar se tema: Diensleraars se invloed in die NG Kerk
- Datum: 2-4 September 2025
- Vanjaar is ons weer in Gauteng: eMseni Christian Centre, Benoni
- Koste per persoon: R3 600 per persoon (verblyf en etes ingesluit), eie vervoer
- Let wel: 30 VBO-punte vir bywoning
Kursusoorsig
Hierdie is ’n drie-dag intensiewe ‘bootcamp’ vir alle kreatiewes wat hulle kommunikasievaardighede wil verskerp vir die hedendaagse media-landskap. Vanjaar ondersoek ons hoe diensleraars die NG Kerk beïnvloed.
Ná ’n bondige leerkomoponent, begin die storie-werk tot en met ’n spertyd vir skryfwerk op die derde dag. ’n Aantal dienleraars sal hulleself vir ons via Zoom beskikbaar stel en deur onderhoude met dié te voer, sal skrywers voldoende toegerus wees om elk een artikel of podsending* vir publikasie by Kerkbode te kan lewer.

Leerdoelwitte
Die kursus maak ruim tyd vir skryf in ’n stil omgewing. Teen die einde van hierdie kursus sal deelnemers:
- Nuuswaardes verstaan en kan dink oor watter rol dit speel in die konteks van kerklike kommunikasie.
- Die kernbeginsels verstaan van effektiewe skryf vir aktuele publikasies.
- Vaardighede en insigte oor onderhoudvoering byleer.
- Saampraat oor doeltreffende gebruik van sosiale media.
- ’n Eie stem kan ontwikkel oor ’n relevante onderwerp.
Uitsette
Verpligte lewering: Elke deelnemer skryf en dien ’n volledige artikel in teen die gespesifiseerde spertyd. Hierdie artikel moet:
- Die jaartema “Diensleraars in die NG Kerk” aanspreek
- Nuuswaardes demonstreer
- Toepaslike skryfbeginsels vertoon
- Geskik wees vir publikasie in Kerkbode
- Podsending-episodes is ook welkom as uitset vir diegene wat reeds in daardie medium bedrewe is*

Metodiek
Die kursus volg ’n praktiese benadering met:
- Interaktiewe werksessies
- Portuurterugvoer
- Individuele mentorskap
- Werklike skryfoefeninge
Wie kan bywoon?
Predikante of lidmate onder 40 in die NG Kerk of VG Kerk wat:
- Hulle kommunikasie-impak wil vergroot
- Relevante kerklike stemme wil word
- Praktiese skryfvaardighede wil ontwikkel
- Gereed is vir intensiewe leer en toepassing
Registrasie | Vul HIERDIE vorm in:
- Plek word beperk om gehalte-interaksie te verseker. Stuur ’n e-pos met ’n kort motivering van hoekom jy vanjaar se Slypskool wil bywoon na Riata Nel via riata@kaapkerk.co.za
- Sperdatum vir inskrywings: Maandag 18 Augustus 2025.
- Voorkeur aan predikante jonger as 40
- Beurse beskikbaar. Doen navraag by Riata Nel via riata@kaapkerk.co.za
- Aangebied deur Taakspan Navorsing en Kerkbode.
