- Hierdie kennisgewings is op 18 Julie 2025 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
AANVAAR
Ds JAR (Rudolph) Botha van Witpoortjie na Makwassie; ds N (Natasha) du Plessis van Luckhoff na Delareyville-Oos.
NOORD-KAAPLAND
RINGSITTING
Die 76ste vergadering van die Ring van Kenhardt vind plaas op Saterdag 16 Augustus 2025 te NG Kerk Neilersdrift. (Ds MFR Geyser, skriba van die Ring van Kenhardt, 15.07.2025).
GOUDLAND
BEVESTIGING
NG Kerk Makwassie bevestig dat ds Johannes Albertus Rudolph die beroep aanvaar het en op 3 Augustus bevestig sal word deur ds Theuns Steyn. (Christine Koegelenberg, skriba/kassier: NG Gemeente Makwassie, 15.07.2025).
Ds Natasha du Plessis het die beroep aanvaar vanaf NG gemeente Luckhoff na NG Gemeente Delareyville-Oos. Haar bevestiging by NG Kerk Delareyville-Oos het plaasgevind op 13 Julie 2025. (Riëtte van der Merwe, NG Gemeente Delareyville-Oos, 16.07.2025).
