Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 25 Julie 2025)

BEROEP

Prop WU (Ulrich) Barnard as diensleraar na PE-Sherwood; ds JPJ (Johan) Els van Worcester United Church na Worcester-Audenberg.

AANVAAR

Prop WU (Ulrich) Barnard as diensleraar na PE-Sherwood; ds BIC (Barnard) Steyn, PSD Diens van Barmhartigheid Wes-Kaapland, as gekoppelde leraar na Simondium.

WES-KAAPLAND

BEROEP

Kennis hiermee dat ds Johan Els van Worcester United Church (onder Worcester Moedergemeente) op ’n spesiale kerkraadsvergadering op Dinsdag 22 Julie beroep is tot voltydse leraar by NG Gemeente Worcester-Audenberg. Ds GP Kellermann emeriteer en lewer sy afskeidspreek komende Sondag, 27 Julie 2025. (Mariëtte Visser, skriba / finansiële beampte, 23.07.2025).

BEVESTIGING

Ds Barnard Steyn (PSD vir die Diensgroep vir Barmhartigheid aan die NG Kerk Wes-Kaapland) is op Sondag 20 Julie aan Simondium Familiekerk gekoppel tydens ‘n bevestigingsgeleentheid. Ds DJ Muller het hom bevestig. (Ds DJ Muller, leraar: Simondium Familiekerk, 21.07.2025).

OOS-KAAPLAND

BEVESTIGING

Prop Wouter Ulrich Barnard van Somerset-Wes is op 30 Junie 2025 as diensleraar met fokus Jeug- en Familiebediening na die NG Gemeente PE-Sherwood beroep. Hy het die beroep aanvaar en word op 10 Augustus 2025 in die gemeente bevestig. (Hannelie Joubert, skriba: NG Gemeente PE-Sherwood, 22.07.2025).

OOSTELIKE

RINGSITTING
Die Ring van Wakkerstroom se 79ste ringsitting vind op Maandag, 28 Julie 2025, te Volksrust plaas. (Ds Meyer van Wyk, Ringskriba, 21.07.2025).

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top