Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 01 Augustus 2025)

BEROEP

Ds TI (Ignatius) Rademeyer ná colloquium doctum na Bergsig-Newcastle.

WES-KAAPLAND

RINGSITTING

Die Ring van Swellendam gee hiermee kennis dat die ring se 151ste ringsvergadering DV op Sondag 14 September 2025 te NG Kerk Vandermerwe in Bonnievale sal plaasvind. (Ds JJ (Jakkie) du Preez, ringskriba: Ring van Swellendam, 31.07.2025).

KWAZULU-NATAL
BEROEP

Hiermee bevestig die kerkraad van die NG Gemeente Bergsig in Newcastle dat ds Ignatius Rademeyer op 28 Julie 2025 as voltydse gemeentepredikant beroep is. (Laetitia Marais, saakgelastigde: NG Gemeente Bergsig Newcastle, 30.07.2025).

VRYSTAAT

EMERITAAT

Ds Andre van Staden van NG Gemeente Fichardtkruin het geëmeriteer op 31 Julie 2025. Sy afskeidspreek was op 27 Julie. Hy bly by die gemeente op kontrak as emeritusleraar tot 31 Januarie 2026. (Lynett Venter, gemeentebestuurder: NG Gemeente Fichardtkruin, 29.07.2025).

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top