Missie Japan, in samewerking met die Reformed Church in Japan (RCJ), het die werwingsproses oopgestel om ’n egpaar (verkieslik jonger as 35) te vind wat ’n roepingsbesef het om as sendelinge in Japan te werk.
“Dis ’n groot nuwe inisiatief,” skryf dr Stèphan van der Watt van Missie Japan in Vrypos se uitgawe van 8 Augustus 2025. Die suksesvolle aansoekers sal met die RCJ gemeente op Shikoku-eiland saamwerk.
Sien onder vir die aansoekvorm. Kaapkerk se DJ Muller het hierdie video gemaak om meeroor die werk van Missie Japan te vertel.

Geborg
