- Hierdie kennisgewings is op 08 Augustus 2025 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Ds GA (André) Agenbag (PSD: Gemeentebegeleiding, Wes-Kaap) na Welgemoed; dr AJ (Anton) Binneman (beroepbaar) as tentmaker na Wespoort; ds J (Jandré) Viljoen van Ceresvallei na Welgemoed; ds JJ (Jako) Visser van Ottery en Zwaanswyk na Strand-Noord.
AANVAAR
Ds JJ (Jako) Visser van Ottery en Zwaanswyk na Strand-Noord.
WES-KAAPLAND
BEROEP
Ds Jako Visser van NG Gemeentes Ottery en Zwaanswyk is op ’n kerkraadsvergadering op Maandag 23 Junie beroep tot voltydse medeleraar by NG Gemeente Strand-Noord. Hy het op 28 Julie die beroep aanvaar. (Vicky Dippenaar, skriba: NG Gemeente Strand-Noord, 07.08.2025).
Ds André Agenbag, Predikant in Sinodale Diens: Gemeentebegeleiding van die NGKSA: Sinode van Wes-Kaapland, is op ’n spesiale kerkraadsvergadering (beroepingsvergadering), gehou op Donderdag 31 Julie 2025, beroep tot voltydse leraar by NG Gemeente Welgemoed. (Christèl Oberholzer, administratiewe bestuurder: NG Gemeente Welgemoed, 01.08.2025).
Ds Jandré Viljoen van NG Gemeente Ceresvallei is op ’n spesiale kerkraadsvergadering (beroepingsvergadering), gehou op Donderdag 31 Julie 2025, beroep tot voltydse leraar by NG Gemeente Welgemoed. (Christèl Oberholzer, administratiewe bestuurder: NG Gemeente Welgemoed, 01.08.2025).
EMERITAAT
Dr JS (Steve) van der Walt emeriteer op Sondag 31 Augustus 2025. Hy is leraar by die Moedergemeente George. (Dr AC (Andre) Pieterse, skriba: Ring van George, 05.08.2025).
RINGSITTING
Die Ring van Bellville gee hiermee kennis dat die ring se 55ste ringsvergadering DV op Dinsdag 2 September 2025 te NG Kerk Bellville-Vallei sal plaasvind. (Dr AS (Annemarie) de Kock-Malan, ringskriba: Ring van Bellville, 06.08.2025).
RINGSITTING
Die gewone ringsitting van die Ring van George vind op Sondag 14 September 2025 by die Moedergemeente George plaas. (Dr AC Pieterse: skriba van die Ring van George, 04.08.2025).
NOORDELIKE SINODE
BEROEP
Tydens ’n kerkraadsvergadering gehou op 27 Julie 2025, is dr AJ Binneman beroep as tentmaker in die NG Gemeente Wespoort, Danville, Pretoria. (Susan vd Merwe, admin: NG Gemeente Wespoort, 05.08.2025).
RINGSITTING
Die Ring van Pietersburg/Polokwane se jaarlikse ringsitting sal gehou word op 17 Augustus 2025 by NG Gemeente Kremetart. (Ds Freddie Prozesky, skriba: Ring van Pietersburg/Polokwane, 05.08.2025).
