Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Brief | ‘Regter se besluit was slegs oor dringendheid’

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Nico Basson van Sedgefield skryf namens Marius Coetzee Karatara Kerkraad en Gemeente: Die verklaring Regstegniese implikasies van hofuitspraak (opvolg) verwys.

1. Na afloop van ‘n hofsaak word daar outomaties ‘n formele uitspraak gelewer wat dan beskikbaar gestel word aan die regspanne betrokke by die saak.
2. Omdat daar nie ‘n formele uitspraak was nie soos na afloop van ‘n hofsaak waar al die argumente aangehoor is nie, sal dit nie outomaties gebeur nie. Hierdie inligting sal moet aangevra word by die hof. Dit sal komende Maandag 11 Augustus eers kan gebeur. Dit is dus vreemd dat Charl Stander nou al kan aanspraak maak dat hy die beslissing van die hof ontvang het.
3. Volgens Karatara/Sedgefield se regspan was die uitspraak deur Regter Nuku: ” I am not satisfied that the applicant has to jump the queue and accordingly the matter is referred to the normal roll”
4. Dit beteken dat die saak geensins aangehoor is of ‘n bevinding daaroor gemaak is nie. Al waaroor daar besluit was, is die kwessie rondom die dringendheid al dan nie.

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top