- Hierdie kennisgewings is op 22 Augustus 2025 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Ds HE (Riëtte) Botha van Petra Instituut vir Kinderbediening, Bloemfontein as diensleraar na Middelburg-Karoo; ds JM (Johannes) Janse van Rensburg van Retief na Hartswater; ds JPA (Albert) Jooste van Rynfield as diensleraar na Benoni-Oos; ds CM (Cornel) Viljoen van Ellisras-Wes na Lux Mundi.
AANVAAR
Ds L (Lamé) Faasen van Mindalore na Culembeeck
OOS-KAAP
BEROEP
Die gemeenteraad van NG Kerk Middelburg-Karoo gee hiermee kennis dat ds Henriëtte Emily Botha, van die Petra Instituut vir Kinderbediening in Bloemfontein, op 18 Augustus 2025 beroep is as diensleraar. (Lize Benecke, skriba: NG Kerk Middelburg-Karoo, 21.08.2025).
NOORD-KAAPLAND
BEROEP
Ds Johannes Marius Janse van Rensburg van die NG Gemeente Retief, Despatch is op ’n spesiale kerkraadsvergadering (beroepingsvergadering), gehou op Donderdag 21 Augustus 2025, beroep as leraar na NG Gemeente Hartswater. (Sandy Maritz, skriba: NG Gemeente Hartswater, 22.08.2025).
KWAZULU-NATAL
SPESIALE SINODESITTING
Die NG Kerk in KwaZulu-Natal hou ’n spesiale twee-dag sinodesitting op 3 en 4 September 2025 te NG Gemeente Hayfields in Pietermaritzburg. (Ds Pieter Grobler, skriba: NG Kerk in KZN, 19.08.2025).
GOUDLAND
AANVAAR
Ds Lamé Faasen van NG Kerk Mindalore, Krugersdorp, Gauteng het ’n beroep aanvaar na NG Kerk Culembeeck, Witpoortjie, Gauteng. Sy tree in diens op 1 Oktober 2025. (Leandra Viljoen, kerkraadslid: tegnologie: NG Kerk Culembeeck, 22.08.2025).
HOËVELD
BEROEP
Die kerkraad van NG Kerk Benoni-Oos het op Woensdag 20 Augustus 2025 tydens die beroepsvergadering eenparig besluit om ds JPA (Albert) Jooste vanaf NG Kerk Rynfield te beroep as diensleraar na NG Kerk Benoni Oos. (Marietjie Smit, skriba: NG Kerk Benoni-Oos, 21.08.2025).
OOSTELIKE
BEROEP
Hiermee kennis van die beroeping van ds Cornel Viljoen (tans by NG Gemeente Ellisras-Wes) na Lux Mundi Gemeente tydens die beroepingsvergadering van 12 Augustus 2025. (Marco la Grange, Leraar: Lux Mundi Gemeente, 18.08.2025).
