Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Leraars beweeg (Amptelike Nuus: 29 Augustus 2025)

BEROEP

Ds Wilma Elrika Esterhuizen van Robertson-Oos na Bellville-Uitsig; proponent Cecilna Grobler na Brandfort-Oos.

AANVAAR

Proponent Cecilna Grobler na Brandfort-Oos; ds DS (Dean) Reiners van Birchleigh na Meerensee; proponent Rion van Niekerk (diensleraar) na Bothasrus; ds Jandré Viljoen van Ceresvallei na Welgemoed.

BEDANK

Ds André Agenbag (PSD: Gemeentebegeleiding, Wes-Kaap) na Welgemoed.

WES-KAAPLAND

BEROEP 

Die gemeenteraad van NG Kerk Bellville-Uitsig gee hiermee kennis dat ds Wilma Elrika Esterhuizen, van Robertson-Oos, op 18 Augustus 2025 beroep is as tentmaker-diensleraar. (Amanda Visser, sekretaresse: Bellville-Uitsig, 29.08.2025).

AANVAAR

Ds Jandré Viljoen van NG gemeente Ceresvallei het sy beroep na NG gemeente Welgemoed, Bellville aanvaar en sal op 1 Januarie 2026 diens aanvaar. (Christèl Oberholzer, administratiewe bestuurder: NG Gemeente Welgemoed, 28.08.2025).

BEDANK

Ds André Agenbag, predikant in sinodale diens: Gemeentebegeleiding van die NGKSA: Sinode van Wes-Kaapland, het nie sy beroep na die NG Gemeente Welgemoed aanvaar nie. Die kerkraad sal met hul volgende vergadering besin oor die vul van die derde leraarspos, en die proses doelgerig in die nuwe jaar voortsit. Daar sal met die gemeente gekommunikeer word sodra ‘n besluit hieroor geneem is. (Christèl Oberholzer, administratiewe bestuurder: NG Gemeente Welgemoed, 28.08.2025).

OOS-KAAPLAND

AANVAAR EN BEVESTIG

Proponent Rion van Niekerk (diensleraar) het die beroep aanvaar na NG Gemeente Bothasrus, Despatch. Die bevestiging met handoplegging vind plaas op Sondag 31 Augustus 2025. Bevestiging word waargeneem deur ds Arrie Preller (konsulent) van NG Gemeente Despatch-Suid. (Marlene du Toit, skriba: NG Gemeente Bothasrus, 22.08.2025).

KWAZULU-NATAL

AANVAAR EN BEVESTIG

Ds DS (Dean) Reiners van die NG Gemeente Birchleigh word bevestig by NG Meerensee, op Sondag, 21 September 2025.

VRYSTAAT

BEROEP EN AANVAAR

Proponent Cecilna Grobler is op ’n kerkraadsvergadering op Sondag 8 Junie 2025 as tentmaker-leraar beroep na die NG Gemeente Brandfort-Oos. Sy het op 20 Junie die beroep aanvaar en sal op 30 Augustus bevestig word. (Prop. Cecilna Grobler, leraar: NG Gemeente Brandfort-Oos, 27.08.2025).

GOUDLAND

SINODESITTING

Die Ring van Potchefstroom se 17de ringsitting vind DV plaas op 1 September 2025 te NG Potchefstroom – Noord. (Manus Visagie, Voorsitter: Ring van Potchefstroom, 26.08.2025).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top