- Hierdie kennisgewings is op 05 September 2025 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Ds D (Deon) Groenewald van Pietersburg-Noord na Edenville; ds H (Heerden) van Niekerk van Welgemoed na De Rust; prop LA (Louinette) Weyer na Elarduspark.
AANVAAR
Ds JM (Johannes) Janse van Rensburg van Retief na Hartswater; ds A (Albert) Jooste van Rynfield as diensleraar na Benoni-Oos; ds CM (Cornel) Viljoen van Ellisras-Wes na Lux Mundi; ds A (Antoinette) Wilson van Lydenburg-Suid na Bothaville-Noord; ds FJ (Fredrick) Wilson van Lydenburg-Suid na Bothaville-Noord.
BEDANK
HE (Riëtte) Botha van die Petra-Instituut vir Kinderbediening in Bloemfontein as diensleraar vir Middelburg-Karoo.
WES-KAAPLAND
BEROEP
Ds Heerden van Niekerk van die NG Gemeente Welgemoed is op 2 September as leraar beroep deur die kerkraad van die NG Gemeente De Rust. (Gerrit Roberts, DVK-voorsitter nms kerkraad: NG Gemeente De Rust, 02.09.2025).
OOS-KAAP
BEDANK
Hiermee gee die gemeenteraad van NG Kerk Middelburg-Karoo kennis dat HE (Riëtte) Botha, van die Petra-Instituut vir Kinderbediening in Bloemfontein, nie die beroep as diensleraar aanvaar het nie. (Lize Benecke, skriba: NG Kerk Middelburg-Karoo, 03.09.2025).
NOORD-KAAPLAND
AANVAAR
Ds Johannes Marius Janse van Rensburg van die NG Gemeente Retief, Despatch het die beroep aanvaar as leraar na NG Gemeente Hartswater. (Sandy Maritz, skriba: NG Gemeente Hartswater, 03.09.2025).
VRYSTAAT
BEROEP
Na ’n lang tyd het die kerkbestuur van die NG Kerk Edenville besluit om ds Deon Groenewald van die NG Kerk Pietersburg-Noord te beroep as predikant na Edenville NG Gemeente. (Wouda Wessels, skriba: Edenville NG Gemeente, 02.09.2025).
AANVAAR
Dss FJ (Fredrick) en Antoinette Wilson van die NG Lydenburg-Suid Gemeente het die beroep na NG Gemeente Bothaville-Noord aanvaar. Hulle is vanaf 1 November in diens en hulle bevestiging vind plaas op 2 November 2025. (Annesia Snyman, saakgelastigde: NG Gemeente Bothaville-Noord, 02.09.2025).
HOËVELD
AANVAAR
Ds Albert Jooste van NG Rynfield Gemeente het op 1 September 2025 die beroep as leraar aanvaar na die NG Kerk Benoni-Oos. (Marietjie Smit, skriba: NG Kerk Benoni Oos, 01.09.2025).
OOSTELIKE
BEROEP
Die kerkraad van die NG Gemeente Eladuspark het op 2 September 2025 besluit om vir Louinette Andrea Weyer in hulle gemeente as diensleraar te beroep. (Riaan van Zyl, kantoorbestuurder: NG Gemeente Elarduspark, 04.09.2025).
AANVAAR
Ds Cornel Viljoen van die NG Gemeente Ellisras-Wes het die beroep na die NG Gemeente Lux Mundi aanvaar. (Marco la Grange, leraar: NG Gemeente Lux Mundi, 01.09.2025).
