Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 19 September 2025)

BEROEP

Ds WD (Willem) Sauer van Tsitsikamma na Somerset-Wes; ds AFdeN (Adriaan) Vogel van Daniëlskuil na Kuilsrivier-De Eike.

AANVAAR

Prop AM (Andrew) Hofmeyr na Boksburgpark.

WES-KAAPLAND

BEROEP

Ds Willem Sauer van die NG Gemeente Tsitsikamma is op ’n spesiale kerkraadsvergadering (beroepingsvergadering), gehou op Dinsdag, 16 September 2025, as leraar beroep na die NG Gemeente Somerset-Wes. (Liesle Janse van Rensburg, skriba: NG Gemeente Somerset-Wes, 17.09.2025).

Op ’n beroepingsvergadering gehou op 17 September 2025, het die kerkraad van die NG Gemeente Kuilsrivier-De Eike vir ds Adriaan Vogel (tans voltydse leraar by NG Gemeente Daniëlskuil) beroep as ’n voltydse leraar. (Mariana van Schalkwyk, saakgelastigde: NG Gemeente Kuilsrivier-De Eike, 19.09.2025).

HOËVELD

AANVAAR

Prop Andrew Murray Hofmeyr van NG Gemeente Lynnwood het die beroep na die NG Gemeente Boksburgpark (Pixie van Aardt, saakgelastigde: NG Gemeente Boksburgpark, 15.09.2025).

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top