Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 29 September 2025)

BEROEP

Ds SW (Schalk) Albertyn van Orania na Britstown.

AANVAAR

Ds WA (Wilma) Esterhuizen van Robertson-Oos as diensleraar na Bellville-Uitsig; ds H (Heerden) van Niekerk van Welgemoed na De Rust; prop LA (Louinette) Weyer na Elarduspark.

WES-KAAPLAND

AANVAAR

Ds Heerden van Niekerk van die NG Gemeente Welgemoed het die beroep na die NG gemeente De Rust aanvaar met ingang van 1 Januarie 2026. (Gerrit Roberts, DVK-voorsitter nms kerkraad: NG Gemeente De Rust, 29.09.2025).

BEVESTIGING

Die gemeentebestuursraad van NG Gemeente Bellville-Uitsig gee hiermee kennis dat ds Wilma Elrika Esterhuizen die beroep aanvaar het en op 7 September as tentmaker-diensleraar bevestig is deur ds LG Minnaar en ds S du Toit. Sy was onderskeidelik jeugwerker en diensleraar by die NG Gemeente Robertson-Oos van Januarie 2009 tot Augustus 2025. (Amanda Visser, sekretaresse: Bellville-Uitsig, 25.09.2025).

NOORD-KAAPLAND

Geborg

BEROEP

Op ’n kerkraadsvergadering, wat gehou is op 25 September 2025, het die kerkraad besluit om ds Schalk Albertyn van die NG Gemeente Orania na die NG Gemeente Britstown te beroep in ’n vastetermynpos. (Ds Thabo Pienaar, Voorsitter van die Ring, 26.09.2025).

OOSTELIKE

BEVESTIGING

Ds Louinette Andrea Weyer is op 21 September 2025 as diensleraar by NG Gemeente Elarduspark bevestig. (Riaan van Zyl, kantoorbestuurder: NG Gemeente Elarduspark, 22.09.2025).

  • Berig aangepas na publikasie.
No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top