Hierdie kennisgewings is op 03 Oktober 2025 opgedateer. Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Ds J (Johan) Bezuidenhout van Wakkerstroom na Springs-Noord; ds DJF (Danie) de Jongh van Port Elizabeth-De Duin na Secunda-Oos; ds T (Trunette) de Jongh van Uitenhage-De Mist na Secunda-Oos; ds D (Dewald) Hoffmann van Gordonsbaai na Grabouw.
WES-KAAPLAND
BEROEP
Op ’n spesiale kerkraadsvergadering wat gehou is op 30 September 2025, het die kerkraad van NG Gemeente Grabouw besluit om vir ds Dewald Hoffmann (tans tentmakerpredikant by NG Gemeente Gordonsbaai) te beroep as ’n voltydse leraar. (Ulena Groenewald, skriba/kassier NG Kerk Grabouw, 01.10.2025).
HOËVELD
BEROEP
Tydens ’n spesiale kerkraadsvergadering gehou op 23 September 2025 het die kerkraad van die NG Gemeente Springs-Noord vir ds Johan Bezuidenhout van Wakkerstroom as voltydse leraar beroep. Die kerkraad het aan al die vereistes, soos uiteengesit in die Kerkorde, voldoen. Die inligting is ook aan die skriba van die Ring van Delmas voorsien. (ds JH Barnard, ringskriba en konsulent, 30.09.2025.)
Die gemeenteraad van NG Kerk Secunda-Oos wil u hiermee in kennis stel dat hulle op die spesiale gemeenteraadsvergadering van 29 September 2025 besluit het om ds Danie (DJF) de Jongh van NG Kerk Port Elizabeth-De Duin en ds Trunette de Jongh van NG Kerk Uitenhage-De Mist as leraars te beroep na ons gemeente. (Melanie de Villiers, finansiële beampte, NG Secunda-Oos, 30.09.2025).

