Ons nooi jou en jou gemeente graag hiermee uit om in te teken op die gedrukte uitgawe van Kerkbode wat maandeliks in papierformaat verskyn. (Sien al vanjaar se uitgawes HIER).
- Ons koerant verskyn een keer per maand ter aanvulling van al ons gratis digitale bedrywigheid by www.kerkbode.co.za.
- Bestellings is nou oop vir 1 Maart 2026 tot 28 Februarie 2027.
Die papierformaat bied ’n netjiese samevatting van die belangrikste kerknuus, rubrieke, dinkstof, boekresensies, vakatures, amptelike nuus, briewe en ander lekkerlees inhoud.
Jou subskripsie-fooi is ’n belegging in die tipe joernalistiek waarmee ons as redaksie lidmate en gemeentes wil dien.
- Sien die Kerkbode-bestelvorm hieronder. Jy kan die vorm digitaal invul en dan per e-pos aan Viona Ross stuur by viona@tydskrifte.co.za
- Gebruik ons aanlyn sakrekenaar om die koste van jou bestelling te bereken op grond van hoeveel Kerkbodes jy vir jou gemeente wil bestel.
Dankie vir jou ondersteuning
Die Kerkbode-span.
Leer meer oor die geskiedenis van Kerkbode in dié dokumentêr wat verlede jaar verskyn het toe Kerkbode sy 175ste bestaansjaar gevier het:
Geborg
