- Hierdie kennisgewings is op 10 Oktober 2025 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Ds JN (Jean) Pelser van Fontainebleau as diensleraar na Nieuwoudtville; ds EAN (Albie) Steenkamp van Op-die-Berg (tentmaker met opdrag Amos-bediening) na Op-die-Berg.
WES-KAAPLAND
BEROEP
Tydens ’n spesiale kerkraadsvergadering wat op 30 September 2025 gehou is, het die kerkraad van die NG Gemeente Op-die-Berg vir ds Albie Steenkamp as voltydse leraar beroep. Ds Steenkamp dien tans as koördineerder van AMOS Kaap en is aan die NG Op-die-Berg-gemeente gekoppel as tentmaker. (Monique van Urk, skriba: NG Gemeente Op-die-Berg, 06.10.2025).
Kennis geskied hiermee dat die kerkraad van NG Kerk Nieuwoudtville op ’n spesiale kerkraadsvergadering van 5 Oktober 2025, besluit het om vir ds JN Pelser (tans diensleraar te Fontainebleau Gemeenskapskerk) te beroep as deeltydse predikant. Enige besware moet voor 19 Oktober 2025 skriftelik aan die voorsitter van die kerkraad gestuur word. (Hugo van Niekerk, voorsitter: NG Gemeente Nieuwoudtville, 09.10.2025).
BEVESTIGING
Hiermee kennis dat ds Jako Visser se bevestiging en intreepreek by NG Gemeente Strand-Noord op 19 Oktober sal plaasvind. (Vicky Dippenaar, skriba: NG Gemeente Strand-Noord, 08.10.2025).
NOORD-KAAPLAND
VERLIES VAN BEVOEGDHEID
Die Algemene Taakspan Predikantesake (ATP) het bepaling 8.3.3 van Reglement 11 nagekom nadat die ATP elektronies die volgende goedgekeur het om te publiseer: In die lig van Reglement 11:8.3.3 gee die Algemene Taakspan Predikantesake hiermee kennis aan Kerkbode dat verslag ontvang is van die Ring van Reivilo dat die volgende persoon sy bevoegdheid as predikant verloor het op grond van artikel 64.4.4.1.2 (Kerkorde, 2023). Op grond van Reglement 11:8.1.4 het hy ook sy skriftelike bedanking by die kerkraad ingedien wat dit aanvaar het. NG Sennett (NG Gemeente Vryburg-Wes; Ring van Reivilo). (Dr Déwyk Ungerer, aktuarius: Algemene Sinode, 07.10.2025).
