Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

’n Poppekas het ’n kreatiewe manier gebied om die gemeente se aandag te prikkel en te hou terwyl hulle baie het om na te luister. Foto: Verskaf

Elders gesien | Toe laat die begroting die ‘poppe dans’

Skaterlag, begroting, kerk? Op ’n Lentesondag het hierdie drie konsepte mekaar kon vind by die NG Gemeente Durbanville-Bergsig wat gelag en handegeklap het terwyl Grietjie die pop finansiële ‘groot woorde’ mishoor. Alida Vorster vertel meer oor hierdie eerste wat hulle gemeente so geniet het.

Die idee vir ’n poppekas as ’n speelse invalshoek om oor die gemeente se finansies terugvoer te gee het gekom van ’n ingenieur en sy onderwyservrou. Murray Steenkamp is die voorsitter van die kerkraad. Sy vrou, Stephanie, is ’n wiskunde-onderwyseres.

Die oogmerk was terugvoer oor die laaste vier jaar. Deeglike voorbereiding het ingegaan in die aanbieding. Murray het die finansiële terugvoer verpak in ses PowerPoints terwyl Stephanie vir ’n humoristiese teks gesorg het. Hulle natuurlike gawes het dit in ’n taamlike kort tydjie laat gebeur.

’n Poppekas het ’n kreatiewe manier gebied om die gemeente se aandag te prikkel en te hou terwyl hulle baie het om na te luister. Dieselfde inligting is ook in die kerk se nuusbrief deurgegee vir dié wat dit in groter diepte wil lees.

Ons gemeente het heelwat nuwe lidmate en dit was ’n manier om hulle op die hoogte te bring.

Ons sal so iets weer in die toekoms probeer.

  • Alida Vorster hanteer kommunikasie, personeel en bestuur by die NG Gemeente Durbanville-Bergsig.

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top