- Hierdie kennisgewings is op 24 Oktober 2025 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Ds LC (Leon) Cronje van Stellenbosch-Welgelegen na Groot-Brakrivier; ds DJ (Danie) Goosen van Groot-Brakrivier na Stellenbosch-Welgelegen.
AANVAAR
Ds SW (Schalk) Albertyn van Orania na Britstown; ds J (Johan) Bezuidenhout van Wakkerstroom na Springs-Noord.
WES-KAAPLAND
STANDPLAASWISSELING
Hiermee word bekend gemaak dat die kerkrade van NG Stellenbosch-Welgelegen en NG Groot-Brakrivier, onderskeidelik vergaderings gehou het op 14 Oktober 2025 en die standplaasverwisseling tussen ds Leon Cronje van Stellenbosch-Welgelegen en ds Danie Goosen van Groot-Brakrivier goedgekeur het. Ds Leon Cronje is derhalwe op 14 Oktober 2025 beroep na Groot-Brakrivier terwyl ds Danie Goosen op genoemde datum beroep is na Stellenbosch-Welgelegen. (Carmi Kriel, skriba: NG Kerk Groot-Brakrivier, 20.10.2025).
BEVESTIGING
Hiermee ter inligting dat ds Jakobus Johannes (Jako) Visser, voorheen van NG Zwaanswyk en NG Ottery, op Sondag 19 Oktober 2025 by NG Strand-Noord as leraar bevestig is, onder waarneming van ds Leon Francois Marais. (Vicky Dippenaar, skriba: NG Gemeente Strand-Noord, 22.10.2025).
NOORD-KAAPLAND
AANVAAR
Hiermee wil ons net bevestig dat ds SW Albertyn van Orania die beroep na die NG Gemeente Britstown aanvaar het. (Marina van Zyl, skriba: NG Gemeente Britstown, 17.10.2025).
NOORDELIKE
EMERITAAT
Ds Peet Crous, leraar van Lynnwood-gemeente, emeriteer aan die einde van 2025. Die gemeente groet hom en Karin op Sondag 9 November 2025 om 09:00 tydens die oggenddiens. Die kerkraad nooi familie, vriende en kollegas uit verskillende werkkringe graag na dié geleentheid toe uit. Na afloop van die erediens geniet ons ligte verversings saam met Peet en Karin. Die gemeente se adres is Sussexlaan 439, Lynnwood, Pretoria. (Ernst van Wyk, skriba: Ring van Suidoos-Pretoria, 21.10.2025).
HOËVELD
AANVAAR
As konsulent van die NG Gemeente Springs-Noord in die Ring van Delmas, deel ek u graag mee dat ds J (Johan) Bezuidenhout van Wakkerstroom die beroep na die gemeente Springs-Noord aanvaar het. Sy bevestiging sal op 7 Desember 2025 plaasvind. Ons bid broer Johan seën en sterkte toe, mag daar groot vrug op sy arbeid wees. (Ds Johann Barnard, konsulent en ringskriba: Ring van Delmas, 21.10.2025).
