- Hierdie kennisgewings is op 31 Oktober 2025 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Ds PA (Paul) van Jaarsveld van die NHK Wapadrand na Magalieskruin; ds CA (Christo) van Staden (emeritus) na Middelburg-Karoo.
AANVAAR
Dr GF (Gustav) Claassen (emeritus) as brugleraar na Pretoria-Tuine.
OOS-KAAPLAND
BEROEP
Die gemeenteraad het gisteraand tydens sy vergadering goedgekeur dat ds Christo Abraham van Staden, gebore 17 Julie 1957, na NG Kerk Middelburg-Karoo beroep word. (Lize Benecke, skriba: NG Kerk Middelburg-Karoo, 28.10.2025).
NOORDELIKE
BEROEP
Ds Paul Abraham van Jaarsveld van die NHK Wapadrand is op ’n spesiale kerkraadsvergadering (beroepingsvergadering), gehou op 8 September 2025, as leraar na die NG Kerk Magalieskruin beroep. (Diederik Peens, kantoorbestuurder: NG Kerk Magalieskruin, 16.10.2025).
AANVAAR
Dit is met blydskap in my gemoed dat ek hiermee bekendmaak dat dr Gustav Claassen die beroep na NG Pretoria-Tuine aanvaar het. (Marlia Rotteveel, skriba: NG Gemeente Pretoria-Tuine, 28.10.2025).
HOËVELD
BEVESTIGING
Op Sondag 5 Oktober 2025 is ds Andrew Murray Hofmeyr met oplegging van hande tot herder en leraar van NG Gemeente Boksburgpark bevestig. Die bevestiging is gedoen deur dr Marius Gertzen. (Pixie van Aardt, saakgelastigde: NG Kerk Boksburgpark, 27.10.2025).
DEMISSIE
Ek gee net graag in my hoedanigheid as skriba van die Ring van Linden deur dat ds Jean Pelser as diensleraar die Akte van Demissie ontvang het. Ds Pelser word op 9 November 2025 bevestig as diensleraar by die NG Kerk Nieuwoudtville. (Dr Neil du Plessis, leraar: Familiebediening, NG Kerk Weltevreden, 29.10.2025).
