Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Elders gesien | Mosselbaai: Gemeenskap span saam om brandslagoffers by te staan

Kerke, munisipaliteite, besighede, nie-winsgewende organisies en lede van die publiek is besig met ’n reusepoging om slagoffers van die verwoestende brande in Mosselbaai in die Suid-Kaap te ondersteun. Die brande wat reeds sedert Maandag (5 Januarie) in die omgewing woed, word deur sterk winde en droë plantegroei aangevuur.

’n Spesiale samekoms word vir Sondag, 11 Januarie om 18:00 by die Hartenbos Amfiteater beplan. Volgens ds. Pierrié Kies van Mosselbaai-gemeente is dit ’n geleentheid vir die hele gemeenskap om bymekaar te kom en te bid vir herstel, beskerming, hoop en reën. “Dit is net wonderlik om te sien hoe die hele gemeenskap saamwerk in hierdie situasie. Ons vat hande met die plaaslike munisipaliteit en al die ander organisasies om rampverligting te verskaf. Alle fondse wat ingesamel word, sal deur die Ring van Mosselbaai na die regte organisasies gekanaliseer word,” verduidelik Kies.

Die ATKV Hartenbos het hulle fasiliteite gratis beskikbaar gestel en ander maatskappye het na vore gekom om die klankproduksie, sekuriteit en ander logistieke kostes vir die geleenheid te borg.  Finansiële bydraes kan gemaak word aan NGK Brandwacht, ABSA Mosselbaai, Tjekrekening 207 058 0007 met verwysing: Noodfonds.

Vir navrae, stuur ’n WhatsApp na Pierrié Kies op 076 110 4202. | Bron: KaapKerk.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top