Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Ds Johan Ekkerd (links) het op Sondag, 1 Februarie 2026, vir ds Abel Erasmus as diensleraar van die NG Gemeente Rietbron in die Oos-Kaap bevestig. Stuur kennisgewings oor leraarskuiwe by jou gemeente asook nuus oor groter kerklike vergaderings na kerkbode@tydskrifte.co.za. Foto: Verskaf

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 06 Februarie 2026)

BEROEP

Prop DC (Christiaan) de Klerk na Kuruman; ds P (Pierrié) Kies van Mosselbaai na Ceresvallei; prop RH (Roy) Stewart na Delmas.

AANVAAR

Ds A (Abel) Erasmus van Klerksdorp-Flimieda as diensleraar na Rietbron; prop W (Wihan) Rossouw na Hottentots-Holland.

WES-KAAPLAND

BEROEP

Ds Pierrié Kies van die NG Gemeente Mosselbaai is beroep na NG Gemeente Ceresvallei. (Ds WP du Plessis, skriba: Ring van Tulbagh, 30.01.2026).

AANVAAR

Prof Wihan Rossouw het die beroep na NG Familiekerk Hottentots-Holland aanvaar. (Yolandi de Leeuw den Bouter, skriba: NG Gemeente Hottentots-Holland, 02.02.2026).

BEVESTIGING

Ds Elias Albertus Nel (Albie) Steenkamp is bevestig as leraar van NG Gemeente Op-die-Berg. (Ds WP du Plessis, skriba: Ring van Tulbagh, 30.01.2026).

Ds Barend Francois Gouws is op 1 Februarie 2026 bevestig as nuwe leraar van die NG Gemeente Riviersonderend. Hy was predikant van die NG Gemeente Springs-Oos. Ds Gouws is getroud met Miempie, ’n onderwyseres. Hulle het drie seuns. Die oudste seun is ds Dhaniël Gouws en hy is predikant by NG Gemeente Ashton. Die middelste seun, Hanru, het onderwys studeer en bly in Pretoria. Marnin, die jongste, is in gr 12 en steeds by hulle in die huis. Ds Dhaniël Gouws het die bevestigingspreek gelewer. Ds Kobus Pretorius het namens die ring (daar kon geen ringspredikant gevind word om die bevestiging by te woon nie) die ringsaspek behartig. (Liezl van Deventer, voorsitter kerkraad: NG Gemeente Riviersonderend, 06.02.2026).

OOS-KAAPLAND

BEVESTIGING

Die NG Gemeente Rietbron het op Sondag, 1 Februarie 2026 vir ds Abel Erasmus as diensleraar van die gemeente verwelkom. Voor hy die beroep na Rietbron aanvaar het, was Abel en sy vrou, Sybil, verbonde aan die NG Gemeente Klerksdorp-Flimieda waar hy vanaf 2023 tot 2025 die Woord bedien het. In dieselfde tyd het hy diensleraarsopleiding deur Hugenote Kollege deurloop. Ds Johan Ekkerd, ringsvoorsitter en leraar van die NG Gemeente Graaff-Reinet, het die bevestiging behartig. Die gemeente se vorige leraar, ds Kobus Eksteen, het in Januarie 2026 by FEBA Radio SA se kantoor in Pretoria begin werk. (Ds Kobus Eksteen, vorige leraar: NG Gemeente Rietbron, 04.02.2026).

NOORD-KAAPLAND

BEROEP

Hiermee bevestig ek namens die kerkraad dat proponent Danie Christiaan de Klerk beroep is na NG Gemeente Kuruman, op ’n spesiale kerkraadsvergadering gehou op Sondag 01/02/2026. (Erika Kotzé, skriba/kassier: NG Gemeente Kuruman, 03.02.2026).

HOËVELD

BEROEP

Op ’n spesiale kerkraadsvergadering, gehou op Sondag 1 Februarie 2026, het die kerkraad van NG Gemeente Delmas besluit om vir proponent Roy Stewart te beroep as ’n voltydse leraar. (Thoben Koorts, voorsitter preadvieskommissie: NG Gemeente Delmas. 01.02.2026).

BEVESTIGING

Hiermee gee ek kennis (as skriba van die Ring van Linden) dat ds Henri Pretorius op 25 Januarie 2026 in die NG Kerk Weltevreden bevestig is as voltydse leraar. Die bevestiging is waargeneem deur dr Neil du Plessis. (Dr Niel du Plessis, skriba: Ring van Linden, 03.02.2026).

OOSTELIKE

BEDANK

Dit is baie hartseer vir ons om te laat weet dat ds GHG (Gerrit) Vosloo bedank het by die NG Gemeente Witrivier, asook uit sy amp uit. Sy afskeidspreek sal geskied op 15 Februarie 2026 en sy laaste dag by ons is 28 Februarie 2026. (Tanja Cadle, finansies: NG Gemeente Witrivier, 03.02.2026).

  • Amptelike nuus in Kerkbode gaan oor nuwe leraar- en gemeenteskuiwe asook kerkverwante vergaderings binne die NG Kerk. Lees meer oor die nuutste kerkordelike voorskrifte hieroor in hierdie gids
No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top