Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Leraars beweeg (Amptelike Nuus: 13 Februarie 2026)

BEROEP

Ds D (Dylan) Allen vanaf Bothaville na Standerton-Suid; prop A (Alicia) Bosman na Nelspruit.

VRYSTAAT

BEVESTIGING

Ds Anton Kemp (emeritus), van die NG Kerk Middelburg, is op Saterdag 7 Februarie 2026 bevestig in die amp as predikant vir ’n termyn van twee jaar by die NG Gemeente Villiers. Ds Johann Kemp, konsulent van Cornelia, het hom bevestig. Kemp het sy emeritaat op 1 Mei 2025 ontvang. (Erika van Niekerk, saakgelastigde: NG Gemeente Villiers, 10.02.2026).

NOORDELIKE

AFSKEID

Hiermee ’n amptelike kennisgewing dat ds Anton (AM) Pienaar DV op 28 Februarie 2026 die diens van die NG Gemeente Suidoos-Pretoria (Stellastraat) verlaat. Sy twee-jaar kontrak loop dan ten einde. Ds Pienaar het reeds 10 Maart 2024 emeriteer. Hy lei op Sondag 22 Februarie 2026 die erediens tydens ’n afskeidgeleentheid. (Prof Malan Nel, skriba: NG Gemeente Suidoos-Pretoria (Stellastraat), 13.02.2026).

BEVESTIGING

Ds André Agenbag en ds Wouter van Wyk aanvaar op 1 Maart 2026 diens in die NG Gemeente Suidoos-Pretoria (Stellastraat). Albei word DV op 8 Maart bevestig. (Prof Malan Nel, skriba: NG Gemeente Suidoos-Pretoria (Stellastraat), 13.02.2026).

HOËVELD

BEROEP

Hiermee wil ek net kennis gee van die beroeping deur ons gemeente uitgebring op 8 Februarie 2026: ds Dylan Allen vanaf NG Bothaville is beroep na NG Gemeente Standerton-Suid. (Thea Gie, skriba: NG Gemeente Standerton-Suid, 13.02.2026).

OOSTELIKE

BEROEP

Die kerkraad van die Nederduitse Gereformeerde Gemeente Nelspruit het op 9 Februarie 2026 vir proponent Alicia Bosman beroep tot bedienaar van die Woord van hierdie gemeente. (Johannes van der Merwe, skriba: Ring van Barberton, 13.02.2026).

  • Amptelike nuus in Kerkbode gaan oor nuwe leraar- en gemeenteskuiwe asook kerkverwante vergaderings binne die NG Kerk. Lees meer oor die nuutste kerkordelike voorskrifte hieroor in hierdie gids.
  • Berig is aangepas na plasing.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top