Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 20 Februarie 2026)

BEROEP

Ds JJ (Hansie) Breedt (emeritus) na Williston; prop LQ (Lourens) Laureti as diensleraar na Eendracht; prop E (Etienne) Snyman na Parow.

AANVAAR

Prop DC (Christiaan) de Klerk na Kuruman; prop Karla Grahan (geb Smit) na Montana; prop RH (Roy) Stewart na Delmas.

WES-KAAPLAND

BEROEP

Die kerkraad van die Nederduitse Gereformeerde Gemeente Parow het op 10 Februarie 2026 vir proponent Etienne Snyman beroep as deeltydse tentmaker. (Ria Strydom, skriba: NG Kerk Parow, 17.02.2026).

NOORD-KAAPLAND

BEROEP

Die NG Gemeente Williston het ‘n beroep uitgebring vir ds Johannes Jacobus (Hansie) Breedt (emeritus). (Louise Burger, saakgelastigde: NG Gemeente Williston, 19.02.2026).

AANVAAR

Hiermee geskied kennis van die aanvaarding van die beroep as leraar na NG Kerk Kuruman deur proponent Danie Christiaan de Klerk. (Erika Kotzé, skriba/kassier: NG Gemeente Kuruman, 17.02.2026).

NOORDELIKE

BEVESTIGING

Hiermee bevestiging dat prop Karla Grahan die beroep by NG Gemeente Montana aanvaar het. Haar bevestiging met handoplegging vind op 1 Maart 2026 tydens die erediens plaas. (Lizelle Vorster, bedieningskoördineerder: NG Gemeente Montana, 18.02.2026).

HOËVELD

EMERITAAT

Hiermee word u amptelik in kennis gestel dat dr Anton Knoetze, leraar van NG Gemeente Goedehoop te Secunda, op 2 Februarie 2026 die ouderdom van 65 jaar bereik het en gevolglik met emeritaat gaan. Dr Knoetze se demissie geskied op grond van emeritaat, ingevolge die toepaslike kerkordelike bepalings. Ons vertrou dat hierdie nuwe lewensfase vir hom en sy gesin ’n geseënde en vervulde tyd sal wees. Indien enige verdere inligting benodig word, is u welkom om ons te kontak. (Ds Henry Stopforth, voorsitter: Ring van Evander, 16.02.2026).

BEROEP

Hiermee wil ons die breër kerkgemeenskap inlig dat die kerkraad van die Nederduitse Gereformeerde Gemeente Eendracht ’n beroep uitgebring het op prop Lourens Laureti as diensleraar. (Janita Aspelung, skriba: NG Gemeente Eendracht, 19.02.2026).

BEVESTIGING

Proponent Roy Stewart het op 18 Februarie 2026 die beroep na die NG Gemeente Delmas aanvaar. Sy bevestiging in die gemeente sal DV plaasvind op 21 Maart 2026. Hy lewer Sondag 22 Maart 2026 sy intreepreek. (Rothea Smith, saakgelastigde: NG Gemeente Delmas, 19.02.2026).

  • Amptelike nuus in Kerkbode gaan oor nuwe leraar- en gemeenteskuiwe asook kerkverwante vergaderings binne die NG Kerk. Lees meer oor die nuutste kerkordelike voorskrifte hieroor in hierdie gids.
No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top