Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

SDR distansieer homself van dié intergodsdienstige byeenkomste

Die amptelike persverklaring wat hieronder ingesluit word, is nie 'n nuusberig deur Kerkbode nie. Die persverklaring word in sy geheel hier gepubliseer vir die rekord en ter wille van lidmate se vrye toegang tot amptelike inligting in die kerk.

 

Sinodale Diensraad van Oostelike Sinode, NG Kerk 

25 Februarie 2026

Verklaring na aanleiding van die intergodsdienstige byeenkoms van 26 Oktober 2025 by Die Groote Kerk, Kaapstad.

Die Sinodale Diensraad (SDR) van die Oostelike Sinode het kennis geneem van die intergodsdienstige byeenkoms wat op 26 Oktober 2025 in Die Groote Kerk (Kaapstad-gemeente) plaasgevind het. Die Sinodale Diensraad het die gebeure tydens vergaderings op 6 November 2025 en 12 Februarie 2026 behandel en verklaar — met inagneming van die terugvoer by die Algemene Sinodale Moderamen (ASM) — as volg:

 

  1. Die SDR distansieer homself van intergodsdienstige byeenkomste wat die indruk skep dat die Christelike geloof en die Islam ’n gemeenskaplike geloofsgrondslag deel.
  2. Ons bevestig onomwonde ons belydenis dat Jesus Christus, as die Seun van God, die enigste weg tot saligheid is.

 

Die SDR respekteer die besluit dat die Sinode van Wes-Kaapland en die Ring van Kaap die Goeie Hoop die saak hanteer.

Namens die Sinodale Diensraad van die Oostelike Sinode

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top