Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

eUni is 'n produk van eKerk en bied aanlyn teologiese opleiding vir gewone mense met ‘n buitengewone belangstelling in die Bybel. Ontdek meer by euni.co.za. Hierdie is 'n geborgde artikel waarvoor eKerk betaal het.

Fokus op eUni: Wat as jy die Bybel met nuwe oë kan lees?

Baie mense lees die Bybel getrou, maar hulle sukkel om die groter prentjie raak te sien. Party gedeeltes voel net te ingewikkeld. Ander verse word vinnig gelees sonder dat dit werklik insink. Dit is of te moeilik. Of te onverstaanbaar. Wel, eUni is bedoel vir daardie einste oomblikke. Dit is ’n aanlyn teologiese platform wat jou begelei om die Bybel duidelik, gestruktureerd en met selfvertroue te lees.

 

eUni is ontwerp vir gewone mense met ‘n buitengewone belangstelling die Bybel. Jy hoef nie ‘n teologiegraad te hê nie. Jy hoef nie klasse by te woon nie. Hier leer jy op jou tyd, in jou eie ruimte en teen jou eie tempo. 

eUni se kursus is in kwartaalmodules verdeel. Jy kan vir een kwartaal op ‘n slag inskryf of jy kan  kies om ‘n volle jaar te voltooi. Elke kwartaal neem jou sistematies deur verskillende boeke van die Bybel. Dit help jou om die konteks, agtergrond en betekenis van verskillende Bybelboeke beter te verstaan. Die lesse volg logies op mekaar en begelei jou om Bybelboeke en teologiese temas deeglik onder die knie te kry

Wanneer jy vir eUni registreer, kry jy dadelik toegang tot 16 videolesse per kwartaal van ongeveer 25 minute elk. Die inhoud word in Afrikaans aangebied. Jy kan die lesse kyk wanneer dit jou pas, en jy dit weer herhaal as jy iets nog dieper wil bestudeer. Na afloop van elke kwartaal se modules of lesse is daar ’n aanlyn-eskamen (in “monkey puzzle formaat) wat jy kan voltooi. Indien jy sou verkies om nie die eksamens te doen nie, kan jy net voortgaan na die volgende kwartaal. 

Kliek HIER om in te skryf via https://euni.co.za/

Kostes beloop R400 per kwartaal, of jy kan eenmalig R1600 betaal vir die volle jaar se materiaal.

Elkeen wat die aanlyn-eksamen afgelê het, ontvang na  afhandeling van ‘n jaar se modules ‘n sertifikaat van voltooiing. Dit dien as bevestiging van jou toewyding en groei, maar die grootste waarde lê in die kennis en insig wat jy opdoen. eUni is nie ’n middel tot ’n doel nie, maar die doel opsigself. Die doel is om die Nuwe Testament met name baie goed te leer ken en hanteer.

Die eerste drie jaar van eUni word aangebied deur Prof. Stephan Joubert, Dr. Roedolf Botha en Dr. Pierre Engelbrecht. Hierdie aanbieders bring jare se teologiese studie, bedieningservaring en akademiese insig saam na elke les. Hulle kombineer deeglike kennis met ‘n vermoë om ingewikkelde temas helder en verstaanbaar oor te dra. Ook doen hulle dit vanuit hulle diep oortuiging dat die Bybel God se Woord is.

In Jaar 1 fokus die kursus op die Sinoptiese Evangelies. Jy beweeg deur Matteus, Markus en Lukas en ontdek hoe elke evangelieskrywer Jesus se lewe en bediening op unieke maniere beskryf. Jy leer ook wat die opbou, inhoud en boodskap van elke evangelie is.

Jaar 2 neem jou op reis saam met Paulus. Jy kyk na sy sendingreise, sy briewe en die uitdagings van die vroeë kerk. Hierdie jaar help jou om Paulus se denke beter te verstaan en om sy briewe met groter insig te lees aan die hand van inhoudelike studies van ’n aantal van sy briewe.

In Jaar 3 ontdek jy die boeke van Johannes. Jy fokus indringend op die Johannesevangelie en die briewe van Johannes.  Jy leer hoe Johannes se unieke styl en teologie dieper perspektief gee op wie Jesus is en wat dit beteken om in Hom te glo. Ook reis jy in jaar drie saam deur Handelinge, 1 Petrus en Jakobus. Hierdie drie jaar vorm ‘n sterk fondament vir enige iemand wat die Nuwe Testament beter wil verstaan. 

Kostes beloop R400 per kwartaal, of jy kan eenmalig R1600 betaal vir die volle jaar se materiaal.

As jy al ooit gewens het jy kon ‘n Bybelboek of gedeeltes in die Bybel beter verstaan, of meer seker wees oor wat jy lees, is eUni ‘n praktiese volgende stap. Dit gee jou die nodige kennis en hulpmiddels om met vertroue te leer en te groei. Jou dieper reis met die Skrif kan vandag nog begin. eUni is inderdaad bedoel vir gewone mense met ’n buitengewone belangstelling in die Bybel!

Kliek HIER om in te skryf via https://euni.co.za/

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Scroll to Top