- Hierdie kennisgewings is op 06 Maart 2026 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za.
BEROEP
Prop I-M (Ilsé-Mari) Coetzee na Pretoria-Garsfontein; prof J (Juanita) Meyer as diensleraar na Waterbron; ds MJF (Tienie) Swanepoel van Mareetsane as diensleraar na Daniëlskuil.
AANVAAR
Prop A (Alicia) Bosman na Nelspruit.
NOORD-KAAPLAND
BEROEP
Hiermee wil ons die breër kerkgemeenskap inlig dat die kerkraad van die Nederduitse Gereformeerde Gemeente Daniëlskuil ’n beroep uitgebring het op diensleraar, ds MJF (Tienie) Swanepoel. (Marieta Louw, skriba: NG Gemeente Daniëlskuil, 05.03.2026).
SINODESITTING
Kennis geskied hiermee van ’n gewone sinodesitting van die NG Kerk in Noord-Kaapland wat gehou sal word vanaf Maandag 12 Oktober 2026 tot Donderdag 15 Oktober 2026 te Kimberley, in die kerksaal van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Kimberley-Vooruitsig. (Ds Christo Jonck, predikant in sinodale diens: NGK in Noord-Kaapland, 06.03.2026).
VRYSTAAT
BEROEP
Prof Juanita Meyer is op Sondag 22 Februarie 2026 as tentmaker-diensleraar beroep na die NG Kerk Waterbron. (H Olckers, skriba: NG Kerk Waterbron, 27.02.2026).
OOSTELIKE
BEROEP
Hiermee gee die gemeente kennis dat prop Ilsé-Mari Coetzee beroep is as leraar, met fokus jeug, na die gemeente Pretoria-Garsfontein. Die beroepsvergadering het plaasgevind op 3 Maart 2026. (Ronnie Stanton, bedryfsbestuurder: Pretoria-Garsfontein, 06.03.2026).
BEVESTIGING
Die bevestiging van prop Alicia Bosman as medeleraar by die NG Kerk Nelspruit vind plaas tydens die oggenddiens om 08:45 op Sondag 8 Maart. (Johannes van der Merwe, skriba: NG Kerk Nelspruit, 02.03.2026).
- Amptelike nuus in Kerkbode gaan oor nuwe leraar- en gemeenteskuiwe asook kerkverwante vergaderings binne die NG Kerk. Lees meer oor die nuutste kerkordelike voorskrifte hieroor in hierdie gids.
