Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Brief: Oor die NG Kerk se skenking aan noodlydendes in Gasa

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Bernhard Ficker van Somerset-Wes skryf: Verslae van die Algemene Sinode Moderamen (ASM) is altyd baie interessant, soos wat die verslag van 4 Maart weereens was. Dit laat egter vrae ontstaan.

Was die ASM nie ’n bietjie naïef aangaande die skenking van ’n R250 000 aan behoeftiges in Palestina nie? (By die jongste ASM-vergadering het verteenwoordigers uit die NG Kerk se nege samestellende steeksinodes meer besonderhede gehoor oor die uitdagings wat daartoe gelei het dat die R250 000 nog nie die bestemming kon bereik nie. – Red).

As die ASM nou werklik ernstig is om die geld by Palestynse behoeftiges te kry, moet hulle miskien dit deur Israel stuur. Daar is heelwat organisasies wat kan help, soos byvoorbeeld “Friends of Israel”, waar baie Suid-Afrikaners direk werk. Of wil die ASM glad nie met Israel geassosieer word nie? Dit lyk amper so. In Israel word baie gedoen om behoeftige Palestyne te help en dit kan ook as ’n kanaal dien om hulp daar te verseker.

Die vraag van dr Dawie Botes oor die Groote Kerk-kwessie is glad nie bevredigend beantwoord nie. Ds Marinus Theron se kommentaar dat “ek hoop ons kan nou afstap van hierdie spesifieke saak” is onvanpas, veral in die lig daarvan dat ’n groot geleentheid weer by die Groote Kerk beplan is vir ’n paar dae later, op 7 Maart. Hoekom is Botes en ander afgevaardigdes nie ingelig oor hierdie gebeurtenis wat baie wyd op sosiale media bemark is en die situasie daaromtrent verduidelik nie? Die advertensieplakkaat bevestig dat behalwe die Groote Kerk as een van die hoofborge, die ander borge die volgende was: Palestine Solidarity Campaign; The Coalition for Good, Bethlehem Institute for Peace and Justice, en dan Gift of the Givers wat soos laas keer seker die logistieke reëlings sou tref. Dit is bemark as ’n “Interfaith Gathering” met die Palestynse eerw Munther Isaac weereens die hoofspreker, soos by ’n vorige byeenkoms by die Groote Kerk.

Die vergadering van 7 Maart is gekanselleer, blykbaar omrede rev Munther nie ’n vlug uit die oorloggeteisterde Midde-Ooste kon kry nie. – Brief verkort. 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top