Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Elders gesien | ‘Bid vir vrede’ – Kerkorganisasies reageer op konflik in Midde-Ooste

Die Wêreldraad van Kerke en die Wêreldgemeenskap van Gereformeerde Kerke is saam met ander kerkorganisasies “diep besorg” oor die humanitêre en sosiale impak van die eskalerende konflik in Iran, sowel as die bedreiging wat dit vir vrede in die Midde-Ooste inhou.

“Having endured many years of complex political, economic and social challenges, the people of Iran—numbering more than 92 million—now face the immediate threats of the current conflict, and a very uncertain future,” lui ’n onlangse verklaring

Die nuutste wending in die gespanne verhouding tussen die VSA, Israel en Iran was ’n aanval op die Iranese hoofstad, Tehran, op 28 Februarie. Iran se opperleier ajatolla Ali Khamenei was onder die wat gesterf het. In reaksie het Iran aanvalle geloods op Israel asook van sy buurlande. 

Die ekumeniese verklaring pleit vir ’n onmiddelike skietstilstand asook ’n hernuwing van diplomatieke onderhandeling en politieke dialoog. Kerke en gelowiges word gevra om te bid vir vrede in die streek.

Lees die volledige verklaring onder.

2026_03_Widening Conflict in the Middle East_FINAL_
No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top