Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Marie Vermeulen (links), haar man Daniël en hulle gesin boer buite Carnarvon in die Noord-Kaap. Die paartjie praat in hierdie podsending (10 min 18 sek) oor hulle belewenis van die soort veeljaardroogte wat al vele plattelandse gemeenskappe in Suid-Afrika met rampspoedige gevolge getref het. Foto: Le Roux Schoeman

Podsending: ‘Die droogte het ons gemaak wie ons is’ – paartjie uit die Karoo deel hoe swaarkry hulle gevorm het

“Ons het in die kerk gesit, dan is dit groot ooms wat huil dat die banke ruk.”

Só onthou Marie Vermeulen die droogte wat in hulle deel van die Karoo geduur het van 2016 tot November 2021.

Marie, haar man Daniël en hulle gesin boer buite Carnarvon in die Noord-Kaap. Sy praat in hierdie podsending oor haar belewenis van die soort veeljaardroogte wat al vele plattelandse gemeenskappe in Suid-Afrika met rampspoedige gevolge getref het.

Hierdie gesprek het in Maart 2026 plaasgevind op die grasperk langs die Vermeulens se plaashuis. “Soos jy hierdie wêreld nou hier sien, hier was niks … Hier by die agterdeur, dan kom die skilpaaie en bokkies en goed. Dan gooi ek nou maar vir hulle hondepille en als,” verduidelik sy oor die maer jare.

As sy tesame met haar man nou terugdink aan daardie tydperk sê sy: “Ek is baie dankbaar vir die droogte. Want dit het gemaak wie ons is.”

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top