Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Kortlyste van die Andrew Murray Desmond Tutu Prysfonds se pryse vir 2026 bekend

Die amptelike persverklaring wat hieronder ingesluit word, is nie 'n nuusberig deur Kerkbode nie. Die persverklaring word in sy geheel hier gepubliseer vir die rekord en ter wille van lidmate se vrye toegang tot amptelike inligting in die kerk.

Die kortlyste* vir die boekpryse wat op 29 Mei 2026 toegeken word is pas bekend gemaak. Die pryse dien veral as aansporing en erkenning vir skrywers om gehalte publikasies op teologiese en Christelike gebied in al ons landstale te lewer. Die kortlyste vir toekenning in 2026 is in alfabetiese volgorde volgens skrywer.

Andrew Murray Prys

Stilweg. Gedagtes oor stilte en vertroue – Carel Anthonissen

Betereinder – Schalk van Heerden

Vind God in die gewone – Tom Smith

Beoordelaars : Prof. Christo Lombard, prof. Kobus Schoeman, dr. Guillaume Smit

 

Andrew Murray Desmond Tutu Prys

Displacement – Daniël Louw

Diaconia – Hannes Knoetze en Jacques Beukes (reds)

Care for Africa – Jacques Beukes, Hassan Musa, Fay van Eeden, Mias van Jaarsveld (reds.)

Beoordelaars: Prof. Demaine Solomons, dr. Sandiswa Lerato Kobe en dr. James Goddard.

 

Desmond Tutu Gerrit Brand Prys vir debuutwerk

Die jare tussen ons – Jozine Botha

Proud to be Deaf – Mark James

Vredemaker – Reginald Hufkie Peace

Beoordelaars: Prof. Eugene Baron, prof. Douglas Lawrie, prof. Juanita Meyer.

 

Die wenners van die drie boekpryse, asook die ontvangers van die vier toekennings, word op Donderdag 30 April 2026 bekend gemaak. Die vier toekennings is: CLF-Elise Tempelhoff Toekenning vir Omgewingsbewaring en -Geregtigheid; Jaap Durand-Denise Ackermann Toekenning vir Eenheid, Geregtigheid en Versoening; Andrew Murray-SAKOV-Toekenning: Kerkmusiek en; Eerwaarde Andries Dreyer-Toekenning: Kerkhistoriese Navorsing.

 

Eddie Orsmond

Waarnemende voorsitter: Andrew Murray-Desmond Tutu Prysfonds


 * Regstelling: Hierdie verklaring is ná publikasie aangepas. ‘n Vorige weergawe het verkeerdelik na Jacques Beukes as Jacques Botes verwys. – Red

 

 

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top