Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Sinode van Wes-Kaapland : Gemeentebegeleiding (PSD)

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.

Die Sinode van Wes-Kaapland stel hiermee ’n vakature bekend vir die voltydse pos van PSD: Gemeentebegeleiding by die Stellenbosch-kantoor.

Primêre verantwoordelikhede

  • Koördinering en integrering van die aanbod van die totale sinodale struktuur ten opsigte van begeleiding aan gemeentes in die sinodale gebied.
  • Fasilitering van begeleidingsprosesse (gemeentes, ringe, sinodale struktuur).
  • Ontwikkeling van netwerke ten einde gemeentes en ringe te bemagtig.
  • Opleiding en koördinering van gemeentebegeleiers in samewerking met ander diensgroepe van sinode.
  • Ontwikkeling van begeleidingsprosesse en hulpmiddels vir gemeentes.

Minimum vereistes

  • Toepaslike nagraadse kwalifikasie in Teologie.
  • Gelegitimeerde predikant van die NG Kerk.
  • Bewese ervaring in gemeentes / kerklike omgewing.
  • Gevorderde kennis van missionale ekklesiologie.
  • Bereidwilligheid om deurlopend te reis na gemeentes en ringe in die sinodale gebied.
  • Bewese fasiliteringservaring en vaardighede.
  • Hoë vlakke van emosionele intelligensie.
  • Deelnemende bestuurstyl / spanspeler.
  • Bekwaamheid om verhoudings en netwerke te bou en spanne te vorm.
  • Goed ontwikkelde finansiële insig en syfervaardigheid.
  • Goeie insig en toepassing van kerkreg met betrekking tot gemeentebegeleiding.
  • Uitstekende tweetalige kommunikasievaardighede (Afrikaans en Engels).
  • Sterk organisatoriese, bestuurs- en administratiewe vaardigheid.

Sluitingsdatum: 7 Mei 2026 om 16:00.

Diensaanvaardingsdatum: 1 Augustus 2026.

Navrae:

Die volledige posbeskrywing kan by Elmien Theron verkry word – ngkadmin@kaapkerk.co.za

Ds Marinus Theron

Kontakbesonderhede: 082 325 2171 of marinus@kaapkerk.co.za

Aansoekproses:

Die aansoekvorm en advertensie kan by die volgende skakel gevind word:

Stuur die aansoekvorm saam met ’n volledige CV aan:

Hulpbronbeampte (Elmien Theron) – ngkadmin@kaapkerk.co.za

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top