Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Vakature: Vastetermyn voltydse leraar (twee jaar)
Sluitingsdatum: 08 Mei 2026.
Dienstermyn:
Twee jaar, met die oog op ’n moontlike permanente pos, afhangend van die finansiële volhoubaarheid daarvan vir die gemeente soos evalueer aan die einde van die termyn.
Gemeenteprofiel:
NG Bryanston is ’n dinamiese, voorstedelike gemeente in Johannesburg met:
- ’n Groeiende kern van jong werkende lidmate en jong gesinne.
- ’n Sterk professionele en goed opgeleide lidmaatbasis.
- ’n Gemeente wat doelbewus jonger word.
- Besondere potensiaal vir die uitbou van jeug- en gesinsbediening.
Leraarsprofiel:
Die ideale kandidaat:
- Het ’n erkende teologiese kwalifikasie (BTh, MDiv) en legitimasie.
- Het minstens vyf jaar bedieningservaring as leraar van ’n gemeente opgedoen.
- Het bewese ervaring in jeug- en gesinsbediening.
- Toon sterk interpersoonlike en spanvaardighede.
- Is ’n goeie prediker en fasiliteerder.
- Is administratief sterk.
- Is tegnologies vaardig (aanbiedings, opnames, digitale bediening).
- Het ervaring in ’n stedelike of voorstedelike konteks.
- Toon insig in missionale kerkwees.
Pligte:
- Ontwikkeling van ’n geïntegreerde jeug- en gesinsbediening.
- Leiding in die gemeente se missionale posisionering en groeistrategie.
- Daarstel van kommunikasiestrategieë en help met die opstel van digitale platforms vir gemeentebediening.
- Ontwikkeling van leierskaps- en bestuursprosesse.
- Aanbieding van ouerbegeleidings- en geestelike verdieping programme.
- Bemagtiging van lidmate vir diens en gemeenskapsinisiatiewe.
Vergoeding en voordele:
- In lyn met sinodale riglyne.
- Behuising in die vorm van ’n pastorie is beskikbaar.
Aansoek:
Gelegitimeerdes kan aansoek doen deur ’n CV, begeleidende brief en ’n kort video-opname/digitale preek te stuur aan: niemandtad@gmail.com/ngbryan@telkomsa.net
Kandidate word versoek om beide e-posadresse te gebruik met indiening van aansoeke.
Diensaanvaarding: 1 Augustus 2026.
Navrae:
Ds Dewald Niemandt: 079 499 5112; niemandtad@gmail.com
Kerkkantoor: 011 706 6534; ngbryan@telkomsa.net
Nota:
Die sluitingsdatum is verleng na aanleiding van navrae van potensiële aansoekers, asook weens ’n tegniese probleem waardeur nie alle aansoeke by ngbryan@telkomsa.net ontvang is nie. Maak asb seker dat ons kantoor of leraar bevestig dat jou aansoek ontvang is.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
