- Hierdie kennisgewings is op 15 Mei 2026 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za.
BEROEP
Ds JA (Driaan) Britz van Rustenburg-Suid na Pretoria-Tuine; ds GJ (George) Hugo (emeritus) na Pofadder.
AANVAAR
Prop PE (Flippie) Kotzé (ná colloquium doctum) na Ohrigstad; prop E (Etienne) Snyman na Parow; ds SH (Stephan) Swart van Bethlehem-Efrata na Calvinia.
BEDANK
Ds LJ (Louis) Fourie voorheen van Marble Hall vir Birchleigh.
WES-KAAPLAND
BEROEP
Ds George Jozua Hugo (emeritus) is op Donderdag, 7 Mei 2026 tydens ’n spesiale kerkraadsvergadering beroep na NG Kerk Pofadder. (08.05.2026).
AANVAAR
Ds Stephan Swart van die NG Gemeente Bethlehem-Efrata het die beroep na die NG Gemeente Calvinia aanvaar. (Sarina van Rhyn, sekretaresse: NG Gemeente Calvinia, 07.05.2026).
Proponent Etienne Snyman het die beroep as tentmaker by NG Gemeente Parow aanvaar. Hy word op 17 Mei deur ds Annelet Slazus bevestig. (Ria Strydom, skriba: NG Gemeente Parow, 14.05.2026).
NOORDELIKE
BEROEP
Ds JA (Driaan) Britz van die NG Gemeente Rustenburg-Suid is na die NG Gemeente Pretoria-Tuine beroep op ’n beroepingsvergadering wat plaasgevind het op 9 Mei 2026. (Marlia Rotteveel, skriba: NG Gemeente Rustenburg-Suid, 09.05.2026).
HOËVELD
BEDANK
Ds Louis Fourie het nié die beroep na die NG Gemeente Birchleigh aanvaar nie. (Susan Moolman, tesourier: NG Gemeente Birchleigh, 04.05.2026).
OOSTELIKE
BEVESTIGING
Prop Philippus Erasmus (Flippie) Kotzé van Petrusburg is op Sondag 10 Mei 2026 bevestig as leraar in die NG Kerk Ohrigstad in Limpopo. Ds JPJ Koen van Burgersfort het die bevestiging gedoen en is ook ons gemeente se konsulent. Ds Johan Botha van die Oostelike Sinode het meegemaak in die bevestiging. (Saràhjòh Marais, skriba: NG Kerk Ohrigstad, 11.05.2026).
- Amptelike nuus in Kerkbode gaan oor nuwe leraar- en gemeenteskuiwe asook kerkverwante vergaderings binne die NG Kerk. Lees meer oor die nuutste kerkordelike voorskrifte hieroor in hierdie gids.
