Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Elders gesien | Pous Leo sit diepe kommer oor KI uiteen: Hoe bewaar ons menslikheid?

Die gehalte van ‘n beskawing word nie gemeet aan die mag van hulle middele nie, maar aan die sorg wat hulle kan verskaf, die vermoë om die ander as ’n gesig en nie net as ’n funksie te herken nie. (as a face not merely as a function)

Só sê Pous Leo XIV in ’n ensikliek getiteld MAGNIFICA HUMANITAS wat Maandag tydens ’n bekendgestellingsgeleentheid wye internasionale media-dekking geniet het.

Die kerkleier het in die wydlopende pouslike sendbrief onder andere die woorde van Romano Guardini (meer as ’n eeu gelede gespreek) aangehaal en geskryf: “Contemporary man has not been trained to use power well.” Die skrywe bied ‘n in diepte-kyk na kunsmatige intelligensie (KI) en die mensdom vanuit ‘n Christelike perspektief.

Christopher Olah, ’n wetenskaplike en mede-stigter van Anthropic KI-maatskappy in die VSA, het tydens ’n kort spreukbeurt by die bekendstellingsgeleentheid eerlik gepraat oor die aspekte van KI-tegnologie wat hom en ander navorsers onseker maak en waar hy glo die Kerk ’n rol het om te speel.

Lees meer by www.vaticannews.va: Pope Leo’s ‘Magnifica humanitas’: AI must serve humanity not concentrate power

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top