Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Leraars beweeg (Amptelike Nuus 29 Mei 2026)

BEROEP 

Ds WA (Willem) Badenhorst van Moreletapark na Lichtenburg; ds A (Anandie) Greyling van Pierre van Ryneveld na PDS Gemeentebegeleiding, Wes-Kaapland; ds L (Lizette) Viviers van Richmond na Birchleigh.

AANVAAR 

Ds JA (Driaan) Britz van Rustenburg-Suid na Pretoria-Tuine; prop LQ (Lourens) Laureti as diensleraar na Eendracht; dr SC (Suzanne) van der Merwe van Kroonstad-Noord na Universitas-Wes.

WES-KAAPLAND

BENOEMING

Die NG Kerk Wes-Kaapland maak bekend dat by ʼn benoemingsvergadering gehou op Vrydag 29 Mei ds Anandie Greyling, tans leraar by NG Gemeente Pierre van Ryneveld, benoem is as PSD: Gemeentebegeleiding. (Dr Rudolph Scharneck, skriba: Sinode van Wes-Kaapland, 29.05.2026).

VRYSTAAT

BEVESTIGING

Dr Suzanne Cicilia van der Merwe van die NG Gemeente Kroonstad-Noord het die beroep na die NG Gemeente Universitas-Wes, Bloemfontein aanvaar. Sy word Sondag 5 Julie 2026 in die gemeente bevestig. (Ria de Wet, administratiewe bestuurder: Universitas-Wes, 19.05.2026).

GOUDLAND

BEROEP

Ds Willem Abraham Badenhorst van Moreletapark is tydens ’n spesiale kerkraadsvergadering van 24 Mei 2026 na Lichtenburg Moedergemeente beroep in ’n gekoppelde pos (Reglement 19 Kerkorde). (Ds BC Botha, ringskriba: Ring van Lichtenburg, 26.05.2026).

NOORDELIKE

AANVAAR

Hiermee maak die kerkraad van NG Pretoria-Tuine bekend dat ds JA (Driaan) Britz van die NG Gemeente Rustenburg-Suid die beroep na ons gemeente aangeneem het. (Marlia Rotteveel, skriba: NG Gemeente Rustenburg-Suid, 27.05.2026).

EMERITAAT

Ek stel u in kennis dat die ring van Suidoos-Pretoria op 22 Mei 2026 aan dr MG (Marius) Swanepoel ’n akte van demissie by emeritaat oorhandig het. (Ds Ernst van Wyk, skriba: Ring van Suidoos-Pretoria, 22.05.2026).

HOËVELD

BEROEP

Die kerkraad van die Nederduitse Gereformeerde Gemeente Birchleigh het op 25 Mei 2026 vir ds L (Lizette) Viviers beroep as voltydse leraar, vanaf Richmond, Noord-Kaap. (Susan Moolman, tesourier: NG Gemeente Birchleigh, 26.05.2026).

BEVESTIGING

Hiermee stel ek u in kennis van die bevestiging van prop Lourens Laureti as diensleraar by die NG Gemeente Eendracht. Die bevestiging op 19 April is waargeneem deur ds Diedrich Kleynhans. (Janita Aspelung, skriba: NG Gemeente Eendracht, 27.05.2026).

  • Amptelike nuus in Kerkbode gaan oor nuwe leraar- en gemeenteskuiwe asook kerkverwante vergaderings binne die NG Kerk. Lees meer oor die nuutste kerkordelike voorskrifte hieroor in hierdie gids.

Berig opgedateer na plasing.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top