Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Nederduitse Gereformeerde Kerk Noord-Kaapland: Predikant in Sinodale Diens (PSD)

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.

Vakature: Predikant in Sinodale Diens (PSD)

Standplaas: Kimberley

Die Sinode van Noord-Kaapland stel hiermee ’n vakature bekend vir die voltydse pos van Predikant in Sinodale Diens (PSD) ten einde leiding te gee aan die uitvoering van die sinode se roeping deur teologiese rigting, verhoudingsbou en die koördinering van die sinode se bedieningswerk.

Roepingsverklaring:

Die Sinode van Noord-Kaapland leef vanuit die roepingsverklaring:

“Saam luister ons na die Woord van die Here en loop só saam op die pad dat ons ons roeping ontdek en mekaar moed en hoop gee om dit uit te leef – deur verhoudings, stories en diensbaarheid.”

Ons sien ’n kerk in Noord-Kaapland wat saam op pad is – ’n luisterende, vreugdevolle geloofsfamilie wat die lig van Christus sigbaar leef in elke gemeenskap.

Hierdie pos word geplaas binne ’n nuwe strategiese beweging:

  • Van alleen na saam en netwerk.
  • Van administratief na verhoudings en stories.
  • Van strukture na ’n lewende, missionale kerk.

Die PSD speel ’n sleutelrol as teologiese gids, netwerkbouer en fasiliteerder, wat help om hierdie visie prakties gestalte te gee in samewerking met gemeentes, ringe en sinodale kommissies.

Primêre verantwoordelikhede:

  • Verwoord en dra die sinode se roeping en visie uit.
  • Tree op as verteenwoordiger van die Sinode van die Noord-Kaapland in skakeling met sinodale strukture, gemeentes, ringe en ekumeniese liggame.
  • Koördineer sinodale werksaamhede (kommissies en taakspanne), dien as adviserende lid en verseker sinergie tussen verskeie kommissies en taakspanne:

–    SKNK: Sinodale Kommissie van die Noord-Kaapland.

–    SKDG: Sinodale Kommissie vir Diens en Getuienis.

–    SKHD: Sinodale Kommissie vir Hulpdienste.

–    SKBO: Sinodale Kommissie vir Bedieningsondersteuning.

–    SKOK: Sinodale Kerkordekommissie.

  • Ondersteun leraars en gemeentes (advies, konflikhantering, begeleiding).
  • Neem leiding in strategiese prosesse en projekte.
  • Tree op as fidusiêre beampte (ondertekening van alle ooreenkomste) en kantoorhoof.

Minimum vereistes:

  • Gelegitimeerde predikant van die NG Kerk.
  • Bewese ondervinding (15+ jaar) in sinodale strukture / gemeentes / kerklike omgewing.
  • Strategiese en visionêre denke.
  • Bekwaamheid om verhoudings en netwerke te bou en spanne te vorm.
  • Bewese fasiliteringservaring en vaardighede.
  • Deelnemende bestuurstyl / spanspeler.
  • Vermoë om konflik te bestuur.
  • Hoë vlakke van emosionele intelligensie (emosionele volwassenheid).
  • Selfstandig, selfhandhawend en selfversekerd.
  • Aanpasbaar / veerkragtig.
  • Dinamies en selfgedrewe; kan inisiatief neem.

Sluitingsdatum: 15 Junie 2026.

Aansoeke kan gestuur word aan admin@noordkaapland.co.za

Vir enige navrae: Ds Thabo Pienaar (083 349 6588) of dr Lukas Basson (082 822 8215).

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top