- Hierdie kennisgewings is op 05 Junie 2026 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Ds AD (Attie) Botha (emeritus) van Jansenville na Albanie; prop C (Christian) Heath na Brandvlei; dr H (Hancke) van Blerk (emeritus) vroeër van Piet Retief na Smithfield; ds G (Gustav) van Zyl van NHKA Phalaborwa na NGK Phalaborwa; ds FC (Tiaan) Victor van Standerton-Wes na Die Strand.
AANVAAR
Ds GJ (George) Hugo (emeritus) na Pofadder; dr H (Hancke) van Blerk (emeritus) vroeër van Piet Retief na Smithfield.
WES-KAAPLAND
BEROEP
Ons wil Kerkbode graag in kennis stel dat ons gemeente op 2 Junie 2026 ‘n beroepingsvergadering gehou het, waartydens ds Tiaan Victor van Standerton-Wes beroep is na die NG Gemeente Die Strand. (Elrise Myburgh, sekretaresse: NG Kerk Die Strand, 03.06.2026).
AANVAAR
Hiermee deel ons dankbaar die volgende: Emeritus-ds George Jozua Hugo het op 2 Junie 2026 die beroep na NG Kerk Pofadder, aanvaar. (Alta Kruger, NG Kerk Pofadder, 02.06.2026).
EMERITAAT
Dr Quintus Heine het sy afskeidpreek by Parke-gemeente (Kraaifontein) gelewer op 31 Mei 2026. Die Akte van Demissie is tydens die oggenddiens aan hom oorhandig. Dr Heine was voltyds predikant by Parke-gemeente van 2002 tot 2011 waarna Parke-gemeente hom uitgestuur het na die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gedurende hierdie tydperk was hy steeds gekoppel aan Parke-gemeente. (Annamarie Louw, Parke-gemeente, 01.06.2026).
OOS-KAAPLAND
BEROEP
Hiermee gee die kerkraad van NG Kerk Albanie kennis dat ds Arthur Daniël Botha (Attie) op 27 Mei 2026 beroep is vanaf die NG Gemeente Jansenville as voltydse predikant. Ons vertrou die Here se leiding in hierdie proses en vra vir voorbidding. (Mariëtte Barnardt, skriba/kassier: NG Kerk Albanie, 29.05.2026).
NOORD-KAAPLAND
BEROEP
Hiermee wil ons u graag in kennis stel dat proponent Christian Heath beroep is na NG Kerk Brandvlei. (Elsie Fölscher, skriba: NG Kerk Brandvlei, 05.06.2026).
VRYSTAAT
AANVAAR
Emeritus-leraar dr Hancke van Blerk, vroeër van die NG Gemeente Piet Retief, het die beroep na die NG Gemeente Smithfield, aanvaar. Hy word op Sondag 5 Julie 2026 in die gemeente bevestig. (Lynne Rapson, skriba: NG Gemeente Smithfield, 03.06.2026).
OOSTELIKE
BEROEP
Ons gemeente het ds Gustav van Zyl van die Hervormde Gemeente Phalaborwa na ons gemeente beroep. Dit moet asb in Kerkbode geplaas word. (Yolandi Bronkhorst, saakgelastigde: NG Kerk Phalaborwa, 02.06.2026).
- Amptelike nuus in Kerkbode gaan oor nuwe leraar- en gemeenteskuiwe asook kerkverwante vergaderings binne die NG Kerk. Lees meer oor die nuutste kerkordelike voorskrifte hieroor in hierdie gids.
