Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 12 Junie 2026)

BEROEP

Ds L (Leonie) Johnson van Haakdoorn as tentmaker na Waverley; ds K (Kirsten) Small van Kogelberg (Kleinmond) na Kanoneiland.

AANVAAR

Ds K (Kirsten) Small van Kogelberg (Kleinmond) na Kanoneiland; ds L (Lizette) Viviers van Richmond na Birchleigh.

NOORD-KAAP

BEVESTIGING

Die Ring van Kenhardt deel met dankbaarheid die nuus van die bevestiging van ds Kirsten Smal as leraar van NG Kerk Kanoneiland. Hierdie bevestiging is ’n besondere mylpaal vir die gemeente, die gemeenskap van Kanoneiland en die Ring van Kenhardt. Ds Kirsten aanvaar ’n unieke bediening as gemeenteleraar van NG Kerk Kanoneiland sowel as arbeidspredikant in die Oranjeriviergebied. Ons verwelkom haar met groot vreugde en sien met verwagting uit na die pad wat die Here saam met haar, die gemeente en die gemeenskap gaan stap. (Ds Annatha Nel, voorsitter: Ring van Kenhardt, namens die Ringskommissie van Kenhardt, 08.06.2026).

VRYSTAAT

BEVESTIGING

Dr Antoinette Wilson en ds Fred Wilson is op 2 November 2025 by NG Kerk Bothaville-Noord bevestig as leraars. (Annesia Snyman, saakgelastigde: NG Gemeente Bothaville-Noord, 09.06.2025).

NOORDELIKE

BEROEP

Ds Leonie Johnson van Haakdoorn is beroep as tentmaker na NG Gemeente Waverley. (Dalene Myburgh, saakgelastigde/skriba: NG Gemeente Waverley, 10.06.2026).

HOËVELD

AANVAAR

Ds L (Lizette) Viviers, voorheen van die NG Gemeente Richmond, het die beroep na die NG Gemeente Birchleigh aanvaar. (Susan Moolman, tesourier: NG Gemeente Birchleigh, 11.06.2026).

 

  • Amptelike nuus in Kerkbode gaan oor nuwe leraar- en gemeenteskuiwe asook kerkverwante vergaderings binne die NG Kerk. Lees meer oor die nuutste kerkordelike voorskrifte hieroor in hierdie gids.

 

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top