Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerksondermure: Jeugwerker – Tienerbediening

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.

Ons is op soek na ’n persoon wat Kerksondermure se Tienerbediening by ons Midstream-kampus kan koördineer.

WIE IS ONS?

Kort op Jesus se hakke, begeer ons om die Jesuslewe te ontdek deur as sy kerk te dien, in nederigheid uit te reik na die kwesbares en ander nader te trek aan die Bron van alles wat mooi, reg en heel is.

Besoek ons webblad by ksm.co.za of ons YouTube-kanaal @kerksondermurevideos vir meer oor ons as gemeente.

WIE IS JY?

  • Jy is iemand wat lief vir die Here en tieners is.
  • Jy is ’n spanspeler en het minstens drie jaar ervaring in jeugbediening (voltyds of as student).
  • Jy het die vermoë om met meer as 25 volwasse kleingroepleiers te skakel en is gemaklik daarmee om hulle te lei, dien en te bemagtig.
  • Jy sal met meer as 250 tieners werk en hulle leer ken by die kerk en by die skool.
  • Jy geniet dit om graadgroepaanbiedings te doen en kan kreatief te werk gaan om ouers by hulle tieners se geloofsreis te betrek.
  • Jy het die vermoë om bestaande tienerkurrikulums uit te bou en om dit aan te pas vir ons gemeente se behoeftes.

VERANTWOORDELIKHEDE

  • Beplanning en koördinering van alles wat by ons Tienerbediening gebeur.
  • Opleiding en toerusting van ons kleingroepleiers.
  • Weeklikse kommunikasie aan ons ouers om hulle deurentyd op hoogte van sake te hou van wat by Kerksondermure se Tienerbediening gebeur.

WERKSURE

Hierdie is ’n voltydse pos en dit vereis van jou om minstens ses ure op ’n Sondag te werk. Ons Centurion-kampus het ’n koördineerder wat dieselfde rol as jy vervul. As jeugwerker werk jy altyd in spanverband. Jy sal saam met een van ons gemeente se dominees werk.

Stuur jou CV voor of op 23 Junie met verwysings na nmarais@ksm.co.za

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top