Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 19 Junie 2026)

BEROEP

Prof JG (Jannie) le Roux (emeritus) na Helderberg.

AANVAAR

Ds WA (Willem) Badenhorst van Moreletapark na Lichtenburg; prof JG (Jannie) le Roux (emeritus) na Helderberg.

WES-KAAPLAND

AANVAAR

Prof Jannie le Roux (emeritus) vroeër van Gordonsbaai het ’n beroep na die NG Kerk Helderberg as deeltydse leraar vir die Hoop Geloofsgemeenskap aanvaar. Hy word op 21 Junie 2026 by Hoop Geloofsgemeenskap bevestig. (Marisa Viljoen, predikantekoördineerder, 17.06.2026).

VRYSTAAT

BEVESTIGING

Dr Suzanne Cicilia van der Merwe van die NG Gemeente Kroonstad-Noord word op Sondag 5 Julie 2026 deur haar pa, dr Theo Kleynhans, as leraar by die NG Gemeente Universitas-Wes bevestig. (Ria de Wet, administratiewe bestuurder: Universitas-Wes, 19.05.2026).

GOUDLAND

AANVAAR

Ds Willem Abraham Badenhorst het die beroep na Lichtenburg Moedergemeente aangeneem en word op 21 Junie 2026 bevestig as leraar in ’n gekoppelde pos (Kerkorde Reglement 19). (Ds BC Botha, ringskriba: Ring van Lichtenburg, 15.06.2026).

EMERITAAT

Hiermee stel ons u in kennis dat ds CCJ (Chris) Olivier ’n Akte van Demissie ontvang het op 30 Mei 2026 en weer vanaf 1 Junie 2026 aangestel is in ’n vaste termyn diensooreenkoms van drie jaar by NG Gemeente Drie Riviere-Oos nadat goedkeuring van die Ring van Vereeniging ontvang is. (Martie Olivier, uitvoerende sekretaresse: NG Gemeente Drie Riviere-Oos, 19.06.2026).

NOORDELIKE

BEROEP

Tydens ’n beroepsvergadering op 13 Junie 2026 is dr SJJ (Sampie) Niemand as brugpredikant beroep na die NG Gemeente Wesmoot. (H Kapp, saakgelastigde: NG Kerk Wesmoot, 15.06.2026).

  • Amptelike nuus in Kerkbode gaan oor nuwe leraar- en gemeenteskuiwe asook kerkverwante vergaderings binne die NG Kerk. Lees meer oor die nuutste kerkordelike voorskrifte hieroor in hierdie gids.

 

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top