Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.
Nico Basson van Sedgefield skryf: Die aktuarius van die Wes-Kaapse Sinode se amptelike verklaring (DK 05.06.2026) oor die hofbevindinge op 2 Junie 2026 (ds Coetzee) asook persverklaring Knysna-Plett Herald 11 Junie 2026 het betrekking: Volgens die berig in Knysna-Plett Herald word weereens aangedui dat die hof gelas het dat die klag van skeurmakery teen ds Coetzee de novo – of opnuut – deur ’n saamgestelde ringstugliggaam ondersoek en aangehoor moet word. Lesers het egter daarop gewys dat die hofbevel ook bepaal dat ’n formele tugverhoor slegs gehou moet word “if warranted”.
LEES OOK: Hooggeregshof stel tugsaak teen Marius Coetzee ter syde; nuwe ondersoek gelas
- Erken u dat die woorde “if warranted” deel vorm van die hofbevel, en indien wel, hoe interpreteer u die betekenis daarvan binne die huidige proses? ’n Prokureursbrief wat daarna uitgereik is, haal die hofbevel soos volg aan: “The matter is remitted to a new disciplinary body(ringstugliggaam) of the Dutch Reformed Church to be convened and constituted in accordance with the Church Order and Regulations, for the de novo investigation of the complaints submitted in respect of the applicant and, if warranted, to hold a formal disciplinary hearing”.
- Stem u saam dat die frase “if warranted” impliseer dat ’n formele tugverhoor slegs behoort plaas te vind indien die omstandighede, bewyse of redes dit regverdig?
- Is dit u standpunt dat die nuwe ringstugliggaam eers die klagtes op meriete ondersoek voordat daar besluit word of ’n formele tugverhoor geregverdig is?
- Het u, of enige van die persone wat die oorspronklike klagtes teen ds Marius Coetzee aanhangig gemaak het, steeds enige rol in die huidige proses?
- Het u enige verdere kommentaar oor die interpretasie van die hofbevel of huidige stand van die saak?
Ons sal u kommentaar waardeer ten einde enige verdere onduidelikhede uit die weg te ruim. Vertrou om spoedig van u te hoor.

Die saak waarna verwys word nl. tussen Coetzee vs die Ring van Knysna, RTL, Sinode Wes Kaap en Appelliggaam van AS. Die regter, wat ook ‘n Prof is, het die kerk so kwaai aangespreek oor die hantering van die saak. Daar was ook baie ongeregtigheid en onregverdigheid teenoor die leraar. Sien ook die KB artikel https://kerkbode.christians.co.za/…/brief-kerk-in-hof…/ Wat egter nog meer bekommer is die volgende deel van haar uitspraak: “The failure to adhere to the applicable procedure lead credence to the submission that the outcome may have been pre-determined” ! Ek hoop die kerkleierskap vanaf die Ring tot AS kan dalk verduidelik wat gebeur het, asb. Hierdie is ‘n klad op die kerk se getuienis in die openbaar. Het die wat betrokke, was al die leraar om verskoning gevra vir die onregverdige hantering?