Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Digitale dinge: Slim wenke wat vermy om prekerig te klink

Skermslim – ’n Gids vir veilig speel in die digitale ruimte deur Estée Cockroft en Christine van Aardt

Uitgewer: Lapa, 2026

Resensent: Rethie van Niekerk

Skermslim is ’n uitstekende, toeganklike bron wat kinders op ’n vermaaklike manier toerus vir die digitale wêreld. Met ’n goeie skeut humor, informele grafika en ’n maklik leesbare styl en uitleg, is dit ’n kosbare bron vir aanlyn veiligheid.

Die skrywers praat oor temas soos digitale voetspore en jou aanlyn reputasie. Hulle verduidelik hoe om skadelike inhoud te vermy en wat om te doen as jy “riool” gesien het. Daar is eenvoudige inligting oor hoe data werk en gestoor word. Kuberboelie word nie net verduidelik nie – daar word ook riglyne gegee vir as dit met jou gebeur. Sosiale media, geestesgesondheid, persoonlike versus privaat inhoud, aanlyn speletjies, kunsmatige intelligensie en die aandag-ekonomie kom alles speels dog bemagtigend ter sprake. Daar word ook gesels oor hoeveel tyd ’n mens op digitale platforms kan deurbring.

Ek skat kinders sal aanvanklik sug oor die “preek-boek” wat hulle in die hand gestop word, maar gou-gou meegesleur word deur die verteltrant en interessante inhoud.

Daar is hier en daar QR-kodes na aktiwiteite, maar nie een van hulle het gewerk nie (“site can’t be reached”).

Beskikbaar by loot.

Ds Rethie van Niekerk is predikant by die NG Gemeente Driehoek in Vanderbijlpark.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top